Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, October 05, 2011

Christenskap is verseker NIE 'maklik' nie... !

Eintlik wil ’n mens hê dat die 'lewe as 'n Christen' darem ook net ’n paar “perks” sou he.... Eintlik, soos in ons flieks, wil ons hê dat as Christen, 'n mens darem so nou en dan by ’n oase kom om weer krag te skep vir die moeilike tyd wat voorlê. 
Elke mens verdien dan immers ’n bietjie gelyk pad...? 
Maar dit is nie so nie...! 
Dietrich Bonhoeffer, ’n Duitse teoloog, het gesê wanneer God jou roep, roep Hy jou om te kom sterf.

Is ek as mens bereid daartoe..?
Op ons eie, nee. 

Op ons eie sal ons nie die goed maak nie en sal ons seker met die eerste bultjie tou opgee en vir God verloën. 
Uit ons eie is ons te pap om enige windjie van voor te trotseer. 
Ons kan dit net nie uit ons eie doen nie. 
Maar gelukkig hoef ons dit nie op ons eie te doen nie. Hier is darem ook ’n stukkie troos en hulp vir die taak wat vir ons elkeen opgelê is: 
... Maar die Here self het daarvoor gesorg dat ek veilig uit al hierdie dinge gekom het....

Dankie tog! 

Amper het ek nou permanent mismoedig geword. 
Maar dankie tog dat ek dit nie uit my eie hoef te doen nie. 
Dankie tog dat God self vir my sorg. Dankie tog dat God my hand neem en my deur die obstruksies in my pad neem. 
God self neem my hand en stap saam met my die donker in.

Paulus het dit ook geweet en aan sy lyf gevoel...... 

- Hy kon in die tronk sit, want Hy het geweet dat God daar saam met hom was. 
- Hy kon die seermaak van ander mense vat, want Hy het geweet dat daar nie ’n haar op sy kop sal roer as God dit nie so wil nie. 
Paulus het kans gesien vir enige 'pakkie wat voor in pad gesit' is, want hy het geweet God sal hom in elkeen van hulle bystaan.

Dit is seker nie goeie nuus om te weet dat ons nie altyd die maklike pad het om deur die lewe te loop nie. 

Eintlik wil ons ons onderlip so effe opblaas en sê dit is “unfair”, maar kom ons maak tog maar vrede daarmee. 
God weet die beste. 
Hy weet dat ons nie lekker leer op die teerpaaie nie. 
Hy weet dat ons meer van die lewe leer op die grondpaaie, -al is dit stowwerig & laat ons met 'vuil gesigte' na die ervaring; stamperig & vol knukke & draaie....
Hy weet dat ons oë eintlik eers vir ander mense oopgaan waar ons spoed gebreek word op die grondpad. 
Hy weet die beste.

Gelukkig weet ek, jy ? & Paulus dat ons die pad nooit alleen hoef te stap nie.... !



Shalom

No comments: