Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Thursday, January 05, 2017

'Quo Vadis' : Effektiewe Tydsbenutting........? / Effective Time Utilization......?


Het jy al soos ek in verwondering gewonder of jóú 'lewe', te midde van al die biljoene ander mense, -werklik vir God saak maak...?

Na die deurwerk van menige versugtinge, meditasies  & filosofië oor die aangeleentheid, is die "bottom line": 
* God het alles met 'n 'doel' gemaak, -insluitende die 'skepping van jou/my lewe'!
* God as die 'Oorsprong & Bron van Lewe', -noop ons derhalwe om 'Lewe & Tyd' wat ons gegun word, as 'n Gawe uit Sy Hand te ag & in eerbied & met Dankbaarheid & Vergenoegdheid, daagliks as sodanig te ervaar ......

Die 'Tyd' wat God aan elk van ons as 'n 'Gawe' skenk om produktief mee te leef, -kan niemand anders vir /namens ons leef nie.....
Dis elk se individuele voorreg met gepaardgande verantwoordelikheid & verantwoordbaarheid wat ook daarop volg.....  
(Die behoorlike hantering 'n kosbare Belegging, mag 'n 'waardige' vergelykende analogie wees...) 
Hiermee vertrou God aan ons toe die grootste gawe wat Hy aan 'n mens kan gee.... 

Dis nié die aantal dae wat ons mag leef wat belangrik is nie, maar eerder die 'inhoud & kwaliteit' daarvan.....
 'n 'Lang' dog nuttelose lewe is derhalwe relatief 'kort', wannneer dit met 'God se Meetsnoer' mee gemeet word. 
Andersyds, is 'n 'kort' lewe, vol van arbeid, toewyding & seën aan 'ANDERE', relatief 'lank', na afloop van die finale 'klassifisering' deur God se 'Standaarde' ...... 

Mag dit ons nooit ontgaan dat die daaglikse aardse lewe (deurspek met "swaarkry & leed"), só kortstondig is nie.....!
Vir die gelowige kinders van God, gaan die uiteinde van die aardse 'gesukkel', egter uitloop op 'n 'Ewige Heerlikheid' waarvan ons die Grootsheid & Omvang daarvan, tans nie na behore kan bepaal, (a.g.v. ons menslike onvermoë), -om dit enigsens te kan doen......!

".......Leer ons ons dae só gebruik dat ons Wysheid bekom...." (Ps. 90:12)

Wysheid.....?
"Wysheid begin met die Dien van die Here.
Wie die Heilige kén, het werklik insig" (Spr 9:10)

Te Ken...? 
...om 'in 'n intieme Verhouding' met Hom te Leef !
Hierdie soort 'Wysheid' word nié deur menslike insig of vanuit boeke verkry nie......
Ook lewensondervinding gaan dit nie aan jou openbaar nie....
Dit word geopenbaar SLéGS aan die wat 'Hom kén & na Sy Wil vra'!

Wysheid is dus .....: 
......die vermoë om te weet hoé (?) God wil hê jy jou lewe moet inrig & hoe jy in ELKE situasie moet (behoort) op te tree.....
...... om in Eerbied & volkome Afhandlikheid, God te 'ken' & 'tot Sy Eer' daagliks te Leef....

In hierdie 'moeilike tye' beleef ek by tye dae wat ek met absolute sekerheid wéét dat daar géén 'menslik-geskepte' oplossing is vir sommige huidige 'probleme' nie......
Dog, nog 'vis nog vlees' beskik ook nie oor die nodige Wysheid...
Derhalwe word ons 'gedwing' (as enigste oorblywende uitweg), om op ons knieë in Nederigheid & Ootmoed te gaan.... 

" ....As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid..." (Jak. 1:5)

Eers wanneer ons 'gestroop' is van ons menslike ydel & waan, -is God 'beskikbaar' ............."to pick us up at our shoe laces & mould us to His' making & desire, (when "we" are 'weak').... " 
... elke dag...
... in alle omstandighede ...

Dít gun ons die 'vermoë ' om positief te kan bly....
Karakter 'pragmaties' te kan uitleef ..... & 
Roekeloos te kan Glo & Vertrou !

Daniël se Geloof, 
Salomo se Wysheid, 
Paulus se Deursettingsvermoë, 
Job se Geduld 
Jesus se Liefde
God se Genade & 
die Heilige Gees se alom-Teenwoordigheid  as Seën......
....... word hoé langer, hoé meer ervaar met die 'inoefening' & daaglikse implementering van Bogenoemde, (oor tyd)!

Shalom .... & Maranatha



No comments: