God sees us with the eyes of a Father. He sees our defects, errors and blemishes. But He also sees our value..! |
Jesus het hom egter nie laat afskrik nie.
Soos om 'n skat tussen die rommel te kry, was Hy in staat om hulle potensiaal te sien, dit uit te haal en dit te ontwikkel.
Dis ook elk van ons se verhaal, nie waar nie?
Paulus skryf:
'Julle toon duidelik dat julle 'n brief van Christus is... geskryf, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God....'
Ander mense skryf nie jou verhaal nie...
Jy skryf nie eens jou verhaal nie....
Die 'Gees van die die lewende God' skryf dit !
Dit beteken dat jou beste dae nog voorlê!
'n Ou Bybel het op 'n winskopietafel tussen honderde ander gehawende boeke gelê.
Dit was nie in 'n baie goeie toestand nie.
Toe het 'n man dit opgetel, sy asem skerp ingetrek en hom na die toonbank gehaas om die karige bedrag daarvoor te betaal.
Dit was 'n oorspronklike Gutenberg waarvan die waarde op meer as 'n miljoen pond geskat is!
Hoe baie keer het daardie ou boek van hande verwissel voordat dit gered is?
Hoeveel keer het die wêreld dit eenkant gegooi, onbewus van sy waarde?
Die waarheid is, ons almal is eenkant gegooi totdat Jesus waarde in ons gesien het.
In plaas daarvan om 'n winskopie prys vir ons te betaal, het Hy egter die hoogste prys moontlik betaal.
'...Christus [het] vir ons kom sterf... ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was' (Rom.5:8)
Wanneer jy dus 'n slegte dag het, kyk in die spieël en onthou die waarde wat God aan jou heg.
Gaan dan uit en probeer ander as die skatte sien waarsonder God nie kon leef nie; sondaars waarvoor Christus gesterf het om hulle te red......
Shalom & .....Maranatha
No comments:
Post a Comment