Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Monday, October 22, 2012

You're Forgiven... Jy's Vergewe !


Ons vergewe ander mense makliker as wat ons onsself vergewe. 
Dit gebeur veral wanneer ons ......
.......misluk op 'n belangrike gebied, soos 'n huwelik of loopbaan, of as ons dade ander seergemaak het, of ons gewoontes ons skade berokken het, of 
........as ons weet ons is besig om iets te doen wat ons nie moet doen nie. 
Wat moet jy dan doen?

1) Erken dit
Moenie bang wees om te erken wat jy gedoen het nie. 
Jy is nie die eerste mens wat misluk het nie en jy sal ook nie die laaste een wees nie. 
As jy God se vergewing verkry het, moet jy die ondersteuning kry van 'n vriend wat jy vertrou.
 "Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het 'n kragtige werking" (Jakobus 5:16 NLV).

2) Vee dit uit
Dis dikwels nie die oortreding self nie, maar die skuldgevoel en stres wat gepaard gaan met die herinnering aan ons dade wat ons sleg laat voel.
 Fokus op die feit dat God jou vergewe het, en sit dit dan agter jou!

3) Vervang dit. 
Kies dankbaarheid in plaas van skuld. 
Dis nie moeilik nie; al wat jy moet doen, is om na te dink oor God se goedheid. 
Dis wat Dawid gedoen het: 
"Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. 
Dit is Hy wat al my sonde vergewe..." (Psalm 103:2-3). 

As jy begin uitkyk daarvoor, sal jy baie dinge kry waarvoor jy God kan Dank...!

As God jou vergewe maar jy weier om jouself te vergewe, vertrap jy Sy genade en kies jy om ongelukkig te wees. 
As jy dit doen, gebeur die volgende:

1) Jou geliefdes word afgeskeep

As jy die hele tyd skuldig voel, is jy geneig om meer teruggetrokke en krities, en minder oop en vriendelik te wees. 
Jou huweliksmaat, kinders, vriende en selfs jou troeteldiere kry saam met jou swaar.

2) Jou gesondheid word afgeskeep

Jou verstand het 'n uitwerking op jou liggaam. 
Dokters sê bitterheid stel chemikalieë vry wat jou noodsaaklike organe aantas. Hulle versnel onder meer jou hartklop, verhoog jou bloeddruk, laat jou spiere saamtrek en stel cholesterol vry in jou bloedstroom. 
Die wetenskap bevestig nou God se woorde dat diegene wat nie hulself en ander vergewe nie, meer geneig is tot ernstige siektes....

3) Jou toekoms is onseker

Die Bybel sê: 
"U sal weer medelye hê met ons. U sal ons sonde... weggooi in die diepte van die see!" (Miga 7:19 NLV). 
Hou op om die dinge op te haal wat God begrawe het. 
Begin om vorentoe te kyk; anders gaan jy vasval in 'n moeras wat jy self veroorsaak het. 
Die Bybel sê:
 "Ons oortredings is vergewe omdat God die rykdom van sy genade in oorvloed aan ons gegee het. God, wat al die wysheid en insig het, het sy geheime plan aan ons bekendgemaak." (Efesiërs 1:7-9 NLV). 

As God jou vergewe, gee Hy jou ook die nodige wysheid om nie net jou verlede te oorleef nie, maar om sterker te word as gevolg daarvan....!

Shalom..... & Maranatha

No comments: