Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Monday, August 20, 2012

Prayer........ Why ?!

Daar is wêreldwyd ‘n behoefte by Christene om te leer bid/beter te bid......
* Gebed is baie kragtig: 
“Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag. Elía was ‘n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie; en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.”  Jak 5:16-18  

* Ons bewéég God deur gebed; ons bid omdat ons leiding, insig, wysheid en raad van God nodig het om die régte besluite daagliks te neem; ons bid omdat ons ‘n behoefte aan geestelike gemeenskap met God het.

‘n Regte Godsbeeld is d
erhalwe belangrik, -wanneer ons sou bid: 
d.i. Wié is God...........rerig? 
 
God definieër Homself in:
Eksodus 34:6-7: “En toe die Here by hom verbygaan (Moses), het Hy geroep: Here, Here, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe...” In die hart van die heelal is daar ‘n Váder en nié ‘n Regter nie! 
 - 1 Joh 4:8: “God is liefde.”

God veroordeel jou nié! 
Rom 8:1: Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie. 
Heb 4:16: Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

God se wil: 
Jer 29:11: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!” 
 God se wil is ons álgehele welsyn.

Gebed is 'n Prioriteit.....! 

Gebed is ........
........soos asemhaal, mens kan nie daar sonder nie. 
Dit is die suurstof van ‘n Christen se lewe. 
........Dit moet ‘n ábsolute deel van jou dááglikse doen en late wees.

Martin Luther: “Soos ‘n skoenmaker skoene maak, en ‘n kleremaker ‘n jas, so moet gebed die daaglikse besigheid van ‘n Christen wees.”
Gebed stel die grootste krag wat daar denkbaar is vry – om te bid is die mees belangrikste ding wat jy daagliks kan doen! 
Christene in die VSA (80% van die mense daar) bid net 30 sekondes in die môre, en 30 sekondes in die aand!
Tyd máák vir stiltetyd (gebed en Bybel lees/bepeins). 
Dit is ‘n díssipline, jy bóú dit in in jou lewe in. 
Máák tyd daarvoor, ook gedurende die dag.

Shalom & .......Maranatha

No comments: