Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, August 29, 2012

Geloofspad : Is Gelyk aan....Die uitvoer van God se 'OPDRAG' !

Every Faith-Path......culminates in :  A God-given Assignment !

Jesus het ‘n opdrag van God gehad en dit presies so uitgevoer. 

Hy moes die wêreld vertel van God se nuwe 'Plan' 
Dit was nie lank nie, of omtrent almal in Galilea het van die Boodskap geweet. 

Die taktiek wat Jesus gevolg het was as volg: 
Bring eers die kragtige boodskap en vul dit dan aan met die gesond maak van siekes, dryf duiwels uit en laat verlamdes loop. 
En woeps..........., dit versprei soos ‘n veldbrand!

En as ons dan na ons eie probeerslae kyk, dan sien ons nie dieselfde storie nie........ 
Ons word omring deur 'n horde kerke op elke dorp, maar tog sit daar mense reg langs die kerk wat nie eintlik iets weet van die Boodskap wat verkondig word nie. 
Ja, ongelukkig faal die kerk (dis mos OOK 'ons' ingesluit,) liederlik daarin om God se opdrag uit te voer. 
Miskien moet ons voor begin en net weer gaan kyk na wat is die inhou van die opdrag, soos Jesus dit uitgevoer en oorvertel het: 
.........Nadat Jesus sy eerste dissipels geroep het, het Hy oral in Galilea begin preek. 
In die sinagoges waar die Jode bymekaar gekom het om God te aanbid, het Hy die mense geleer......... 

Jesus het baie goeie nuus vir hulle gehad: Hy het vir hulle gesê dat God se splinternuwe wêreld aangebreek het. 
Om te bewys dat Hy die waarheid praat, het Jesus elke siekte en kwaal waaraan hulle gely het, gesond gemaak.

Die boodskap wat Jesus kom bring het, is so eenvoudig, maar tog so kragtig. 
Die is lewensveranderend. 
God se nuwe wêreld is hier. 
God het op ‘n manier die ou appelkar kom omgooi en kom met ‘n nuwe aanbod: die hekke van die hemel staan oop. 
Jy hoef net te glo en jou sondes te bely, dan is jy op pad na God se nuwe wêreld. 
Watter ongelooflike groot aanbod is dit nie. 
Dit is die beste 'deal' wat nog ooit aangebied is, ons bly stil daaroor. 
Dit is ons bes bewaarde geheim. 
Ai, man! Hoe dom is ons nie...........!

Ek bly maar selfs vele male sonder tal, stil. 
Wie baat hierby? 
Besef ons dat ons die mense aan die anderkant die grootste 'bargain' ontneem?

Ek staan by ‘n Tannie ........... 
Sy het al maande terug opgehou met die chemo. 
Sy sê sy wil nou gaan. 
En ek onthou van die opdrag en ek weet ek mag nie nou stil bly nie. 
Met die krag van Bo vra ek: “Tannie, waarheen gaan Tannie as jy nou hier jou moet doodgaan?” 
“Hemel toe,” sê sy dadelik..........
“En Tannie, as hulle jou vra hoekom hulle jou moet inlaat, wat sal jy sê?” 
Die Tannie trap klei en sê ietsie van nie te sleg gelewe nie en darem baie goeie goed vir ander in haar lewe gedoen. 
Met ‘n skok besef ek dat die Tannie se saak nie reg is nie en ek het die kans om die Evangelie met haar te deel. 
Later maak sy haar oë toe en ek wonder of die boodskap oorgekom het.......
Ek stap met ‘n paar vraagtekens daar uit.

Op ‘n manier kom ruk die gedeelte van Jesus wat God se opdrag uitvoer en werklik ‘n verskil in ander mense te weeg bring ons weer terug na die 'grass roots' toe. 
Dalk het ons te verstrengel geraak in die uitleef van ons eie lewens. 
Dalk het dit tyd te min geword om nog goed vir die Here ook te doen. 
Dalk het ons so gewoond geraak aan ‘n krag en futlose godsdiens dat ons nie meer self in die boodskap glo nie. 
Daarom die 'wakeup call': dra God se boodskap uit. 
Vertel vir die mense wat nie weet nie. 

Vertel deur jou lewe; -hoe jy lewe; -hoe jou lewe ten aanskoue van andere tot hul ...spreek!
..........Dit sluit uit om hul alewig met die 'Bybel oor die kop te wil slaan..'!
Miskien is dit minder belangrik 'hoe' jy dit doen, -maar dat jy dit egter WEL doen, is meer van belang!
Ongeag .........hoe 'krom & skeef ' jou poging mag wees, -die Heilige Gees is 'daar' om jou te help; -jou taak is om die saad te saai; die Heilige Gees s'n om dit in 'God se Tyd' te laat groei........op Sy manier !

Vertel vir hulle van God se nuwe wêreld wat aangebreek het. 
Vertel van Jesus se koms en wat Hy alles vir ons hier op aarde kom doen het en bevestig dié boodskap, soos Jesus, deur werklike verskille in mense se lewens te maak. 
Gee aandag aan hul nood. 
Gee brood, gee water, gee medikasie, gee komberse, gee hoop, gee selfbeeld, gee liefde, gee jouself. 
Dan sal die mense weet dat die Boodskap waar is en sal ons God se opdrag uitvoer.

Shalom.......Maranatha !

No comments: