Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Monday, June 04, 2012

Eternity's Length ? / Hoe lank is Verewig & Altyd ?

"....Aardse lewe maar net, -‘n deurgang is na die Ewige Lewe !" 

As........... Tafelberg ‘n diamant was en net een voëltjie kom slyp sy bek op die diamant een maal per jaar......
Wanneer die diamant dan op is, is een dag van die ewigheid verby. 

Die ewigheid wat na die aardse tyd oorbly is ‘n baie lang tyd
Dit is ‘n tydperk met geen einde nie. 
Dit is waarheen ons almal op pad is
Maar voor ons daar kan uitkom moet ons eers ‘n tydelike tydperk hier op aarde deurgaan

Tydens die tydelike tydperk moet ek my mind opmaak oor of ek God se pad gaan stap....  of ek eerder maar die aardse dinge gaan kies. 
Die pad wat ons hier op aarde stap bepaal dus die plek waar ek my in die lewe hierna gaan bevind. 
Doen ek wat God van my verwag, is my pad na die hemel geteer:
17Maar die persoon wat doen wat God vra se pad loop saam met God die ewigheid in.

Wanneer ‘n mens van dié hoek af kyk, besef ons dat dit NIE oor die aardse lewe gaan nie.!
Die aardse lewe is maar tydelik en van korte duur as jy dit langs die ewigheid plaas. 
Al wat eintlik saak maak in die tydelike lewe hier op aarde, is dat ek vir God sal kies en sal doen wat Hy vra. 
Maar tog is dit nie so maklik nie, want op die stadium is ons deel van die lewe op aarde en kan ons nie lekker die prentjie van die ewigheid sien nie. 
Die meeste van die besluite wat ek elke dag moet neem, het te doen met die lewe van nou, of so dink ons........... 
Die besluite wat ek vandag neem, kan ‘n groot invloed hê op dit wat ná die aardse lewe gaan gebeur. 
Ons moet dit tog besef. 
Eintlik moet ek voor enige besluit wat ek neem of voor die dinge wat ek doen vir myself afvra: doen ek wat God wil hê ek moet doen? 
Net dit! 
Doen ek wat God wil hê ek moet doen?

Dit klink so eenvoudig en maklik om reg te kry, maar wat ons nie besef nie is dat die aardse dinge ons maklik verblind en probeer keer om God se pad te stap. 
Daarom waarsku Johannes die Christene en ek dink ons moet regtig hieraan aandag gee: 15Moenie na die pype van hierdie wêreld dans nie. Moenie lief word vir die dinge wat vir die wêreld belangrik is nie. As iemand dit doen, kan Hy mos nie sê dat hy lojaal teenoor die Vader is nie. Nou kom ons seker weer by die vers waar ons moet kies tussen God en mammon. Jy kan nie albei aanbid nie. 

Stadig en sonder dat ons dit besef, kom wêreldse dinge in ons lewens plek maak. 
Ander dinge word vir ons meer belangrik as God se dinge. 
Werkers van my se plat TV-skerm pop ‘n tydjie terug en omdat ek dink dit steel te veel tyd in ons lewe, stel ek die herstel daarvan uit. 
Gou is hulle op my om te hoor wanneer die TV reg gemaak gaan word, want hulle mis die programme en weet nie wat om anders te doen nie...! 
Ons besef nie dat die TV ons doof maak vir die Here nie. 
Om so dag vir dag voor die skerm te sit, steel ook tyd in jou verhouding met God. 
Hier doen ons nie wat God wil nie, maar raak ons gelyk aan die aarde se dinge en vergeet ons van God.
 
Johannes waarsku voort: 16Met wêreldse dinge bedoel ek dit: dit is begeertes wat deur menslike en wêreldse belange aangeblaas word sonder om met God rekening te hou; dit is om alles wat jou oë sien vir jouself te wil hê, en dit is om heeltyd net met jouself en dit wat jy het te spog. Dié dinge kom nie van die Vader af nie. Dit borrel op uit die fontein van die wêreld.
Dit voel nou so asof ek alles moet los en myself gaan toesluit in ‘n gehuggie hier erens in die bos en wag dat God my moet kom haal. 
Nee, ek dink nie dit is die idee nie. 
God het ons dan juis hier op aarde geplaas. 
Ons moet egter net vanaf die regte hoek wegtrek. 
Ons moet besef dat die aardse lewe maar net ‘n deurgang is na die ewige lewe. Hier moet ons ‘n keuse maak en die keuse is om te doen wat God wil hê ons moet doen.
 Ons moet ook besef dat die wêreld gaan probeer om ons te keer om dit te doen. 
Die wêreld gaan op slinkse maniere probeer om te keer dat ons op God se pad wil loop. Hiervoor moet ons pasop en die heeltyd op ons hoede wees. 
Leef in die wêreld, geniet dit, maar maak seker dat dit jou nie van God se pad weglok nie.

Shalom ..... &  Maranatha

No comments: