Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Tuesday, May 29, 2012

Pap Batterye.............


Wanneer ’n mens elke dag in die lewe besig is om vorentoe te beur, raak jy gou, soos die Engelse sê: “disillusioned”. 

Jy doen jou bes om die regte dinge te doen, maar as jy jou weer kom kry, trap jy êrens in ’n gat, jy plons neer en iemand het jou weer vir ’n 'ride' gevat.
Ons hoor kort-kort oor die nuus van mense wat ingeloop is. 
Dan klim ’n ou maar redelik ontnugter in jou bed en jy slaap lank nie lekker nie. 
Hoeveel maal soek ons nie na ’n bietjie rustigheid en smeek ons dat die lewe ons nie moet 'byt' nie? 
Hoeveel maal staan ons met onbeantwoorde vrae en weet nie watter kant toe ons moet draai by die kruising te midde van die lewe wat aangaan nie?
Tans kyk om my & sien die misdaad gedy rondom my...
Soos kakiebos oordonder dit alles / almal wat in die die weg daarvan staan.
Die 'normaliteit' daarvan word vir 'Jan Alleman' 'n gegewe &  opportunisties daoen hy mee daaraan sou die geleentheid hom voordoen.

En sonder om ’n quick fix te probeer gee, sonder om ’n goeie goue reëltjie wat eintlik bietjie vêr van die werklikheid is in jou keel af te druk, wil ek tog weer probeer om op te kyk vir raad. 
Dit is amper soos om vasgevang te wees in digte mis en amper nie eens jou hand voor jou oë kan sien nie, maar as jy opkyk, sien jy die groot ronde son. 
Ja, so moet ons opkyk uit die donkerte van die wêreld om ons. 
9Kyk mooi! God se ware lig skyn reeds helder. En wat van die duisternis? Wel, dit is vinnig aan die verdwyn. 
Nee, ek wil nie alles vergeestelik en sê moenie worrie nie, 
God sal sorg dat al die moeilikheid en al die duisternis môre soos mis voor die son verdwyn nie. 
God is almagtig en Hy kan enige iets doen, maar ek het al geleer dat ekself maar baie keer toelaat dat die donker om my toevou. 
Ja, ons weet God is die Lig. 
Tog, as ons ons weer kom kry, is dit maar donkerig hier om ons.

Op ’n manier word ons hier ‘n bietjie tot stilstand gebring om te kyk na waar die lig vandaan kom en waar word die donker gemaak: 11Die persoon wat niks omgee vir sy medemens nie – al is sy woorde hoe godsdienstig en vroom – leef steeds in die duisternis. 
Hy is soos iemand wat in die donker voortstrompel. 
Hy het geen idee waarheen hy op pad is of waar hy gaan uitkom nie. 
Omdat dit so donker is, loop hy soos ’n blinde man rond. 
Dit is Jesus se liefde wat lig bring. As jy die liefde onttrek en dit nie deel maak van jou lewe nie, gaan die lig dood en kom neem die duisternis oor. 
Ja, so ’n ligte klappie word uitgedeel na die vromes en die godsdienstiges – waarvan ons kerke ongelukkig vandag vol sit. 
Hulle is hard besig om die ligte om hulle af te skakel, want hulle dink net aan hulself en sonder dat hulle dit weet, dra hulle by tot die opstaan van die donker. 
En ja, nou weet jy seker waarheen ek op pad is. 
Dis korrek. 
Ek mik ’n lae hou na jou en my: hoe dik is die straal lig wat uit my liefde vir al die mense om my kom? 
Toe ek moeg by die huis ingekom het, daar waar ek gesukkel het met die mense by die werk, die taxi wat voor my ingery het? 
Hoe dik was my straal van liefde? 
Het ek gehelp om die duisternis te kweek of het ek gehelp om dit te verdryf?
Nie lekker vrae nie, né. 
Maar ons moet besef dat hierdie godsdiens waarin ons glo en waaraan ons vashou nie net in die kop is nie. 
Ons God is nie maar net ’n beeld of ietsie wat ons aanbid nie. 
Nee, ons God is ’n God wat aktief betrokke is. 
Hy maak planne. 
Hy sien sy kinders sukkel en maak ’n plan. 
’n Liefdesplan! 
’n Lig plan. 
En die duisternis word verdryf. 
Maar dit eindig nie daar nie. 
Ons moet dan juis hier in die donkere wêreld Jesus se lig laat skyn. Ons moet die spieëls wees waarin sy liefde weerkaats. 
En dit doen ons deur lief te wees vir die mense om ons. 
Ja, nie net liefde uit die hart uit nie, maar ook liefde deur my mond, my hande en my voete. Hier word die lig gekweek. 
Hier kom ’n klein flitsie en verjaag die groot stuk duisternis. 11.... Daarteenoor leef die persoon wat sy broer of suster liefhet, voortdurend in die lig. Juis daarom struikel hy ook nie sommer nie.

Mooi woorde, maar nie so maklik in die praktyk nie. 
Nie maklik as ander om jou jou inloop en in die donker laat neerdaal nie. 
Dan is ’n mens eintlik nie lus vir liefde uitdeel nie. 
Dan wil jy eintlik eerder presies dieselfde aan hulle ook doen.
 Tog is dit nie wat God wil hê nie. Daarom moet ons nou vir ’n slag erns maak met ons verantwoordelikheid. 
Ons moet te midde van die duisternis liefde saai.
 Ja, al verdien ander dit nie, moet ons liefde saai, want dan sal die lig van Jesus weer ordentlik in ons wêreld skyn ...waar dit donker is, -kan JY die Lig wees !
Shalom....Maranatha

No comments: