Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Saturday, April 14, 2012

Verhouding ..... met God wat.... Werk!

...BE the church.....through Deeds of Faith-in-Action to those  'opportunities' you come accross in your daily encounters..!

Paulus vra .....in Jak 2:18:
Kan jy vir my bewys dat jy in die regte verhouding met God staan sonder dat jy enige iets vir Hom doen? 
Dan antwoord hy sommer self:
......... Ek twyfel.....
 En gaan dan sommer aan: 
......Maar, ek is in alle geval seker dat ek vir jou sal kan bewys dat met alles wat ek vir God doen, ek in ‘n goeie verhouding met Hom staan. 
Ai, hoe onnosel is die persoon wat nie wil besef dat geloof in God sonder dat daar ook vir Hom geleef word, nutteloos is nie!

Dit het tyd geword dat ons weer uit die kerkbanke moet opstaan & ons hande gaan vuil maak. 
Ons kan boeke vol skryf en die mooiste woorde pragtig agter mekaar laat staan in ons geloofsbelydenisse. 
Ons kan preek dat die spoeg so spat.
Ons kan die “amps” op-“start”, die snare streel en die dromme se velle laat bokspring en met hemelse stemme die Here loof.
Ons kan doop dat die water so spat. 
Ons kan ons traan tenke leeg huil oor die mooiheid van God se alles. 
Tog..........., as daar nie iets gedoen word nie, is dit alles nutteloos en beteken dit ‘n nul op ‘n kontrak! 
Vers 26: Geloof, sonder dat die persoon ook die Wil van die Here doen, is net so dood....

Eina!
Kliek hier om die teks te lees: Jak 2:14-26 

Miskien moes ons maar.......
......die appelkar gaan omgooi.
......al die ander dinge waaraan ons so gewoond geraak het om te doen, vir eers los. 
.......nou eers by die ander kant begin deur net eers te doen. 
Ek wil amper so ver gaan om te sê los eers jou Bybel se lees en begin eers iets doen, want dit is dikwels in die doen waar ons verhouding met God eers regtig spoed optel
Wag, dis darem te erg om te sê los eers die lees van jou Bybel, so moenie dit doen nie. 
Hou aan met lees, want as jy toelaat dat die Woord van God hier in jou binneste praat, sal jy tog nie anders kan as om iets te (wil) doen nie.

Tog moet ons almal nie nou uitgaan en die naaste armsalige wat op die hoek staan in die kar dompel, deur ‘n bad sleep, sy hare doen en ‘n stomende bord kos voor hom neersit en dan weet hy dalk nie eens hoe werk ‘n mes en vurk nie. 
Ja, ons moet uitreik na die mense om ons en ons moet ons geloof in dade omsit, maar dit alles moet gebeur binne ‘n vaste fondasie van ‘n innige verhouding met God. 
Daar is baie mense wat so betrokke raak by die dinge van die Here, dat hulle nie tyd het om aan hul verhouding met die Here van die dinge te werk nie.

Ons almal MOET ....
-meer tyd maak vir God. 
-God toelaat om ‘n groter rol speel in ons lewe. 
-Werk aan ons verhouding met God. 
-Toelaat dat God ons hart draai na Hom se kant toe. 
-Toelaat dat die eie ek eers van my stoel af klim, sodat God met sy Gees kan intrek. 
-Ons ook iets begin DOEN!

Net ten laaste ‘n wenk..... 
-moenie wag tot jou verhouding met God tip top is nie. 
Begin sommer nou ook ietsie doen. 
Trek met alles gelyk weg. 
Terwyl jy en God aan jul verhouding werk, doen ook!

Stof tot nadenke....


* Don't ever doubt the importance of your calling !

Hoeveel tyd spandeer jy aan jou verhouding met God?
Hoeveel doen jy?
Waar kan jy meer?

Maranatha  & Shalom.

No comments: