Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Thursday, April 26, 2012

Liefhe van hulle wat ons seergemaak het.......?

That "Love Thy Neighbour" thing....
 I meant that !
-God

Ek herinner my aan die 'fiktiewe' verhaal van 'n man, wat grotendeels deur die toedoen van 'n gewetenlose familielid feitlik alles verloor het insluitende sy vrou & kinders 
Na die verlies moes hy 'n soort bedelaarsbestaan van die goedgunstigheid /'aalmoese' van andere leef.

Soos Job het die man besluit dat hy aan die wêreld sal wys dat hy nie alleen vir God lief is as gevolg van al sy (gewese) welvaart nie, maar dat hy ook aan hom getrou sal bly al het hy byna niks. 
Maar die mense het nie gehou van iemand wat, ten spyte van soveel teenspoed, steeds gelowig en vroom bly nie. 
Elke sug of smart van die man was vir hulle 'n teken dat hy soos Job teen God in opstand kom, of dat hy besluit het om God te verloën. 
Dit het byna 'n obsessie by die man geword om aan die dorpenaars te wys dat hy anders as hulle is. 
Hy het met God gepraat en Hom gevra om hom te wys wat hy kan doen sodat die mense nie meer oor sy Christenskap sal twyfel nie. 
Maar die Here het hom nie op sy vraag geantwoord nie......

In 'n daad van barmhartigheid het hy al sy spaargeld wat hy oor die arm jare bymekaar gemaak het, aan die armes gegee. 
Die armes was dankbaar, maar die mense was nie oortuig nie.
 "Hy probeer vir homself 'n kliëntebasis opbou" het hulle gesê. 
Weer het hy met die Here gaan praat en gepleit dat Hy hom tog moet help. 
Maar die Here het hom steeds nie geantwoord nie. 
Toe raak hy by 'n projek betrokke waarin hulle vir die dorp 'n nuwe kerk bou. 
Dit was waarlik 'n imposante gebou wat as 'n soort teken van God se heerlikheid bo al die ander geboue in die dorp uitgetroon het. 
Weer het die mense het gesê dat hy homself probeer verewig.

Die man was moedeloos en het weer na die Here toe gegaan. 
Tot sy verbasing het die Here hom geantwoord. Hy het gesê: In die grootste huis in die dorp woon 'n persoon,  - iemand vir wie niemand enige respek het nie. 
Niemand kom ooit by hom nie omdat hulle sy geslepenheid so goed ken. 
Jy ken hom. 
Dis die familielid wat jou te na gekom het. 
Hy het versorging nodig. 
Gaan en versorg hom en wees lief vir hom. 
............Dán sal almal weet dat jy my kind is.
Die moeilikste liefde is om daardie mense wat naby aan ons leef lief te hê, al het hulle ons so seergemaak!
" Here help ook vir my, -om my naaste in ALLE omstandighede lief te hê..."in spite of..!"

Shalom & Maranatha

No comments: