Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, February 15, 2012

Kreet van 'n verlangende Pa aan Sy kind....... / Cry of a Father...

Ek droom van.......
Ek staan langs jou bed en kyk hoe jy aan die slaap raak.
(net soos jou pa, ook graag sou wou doen), 
By tye, het daar trane oor jou wange gerol, (net soos daar oor die wange van jou pa, trane al baie oor jou gerol het),
oor verkeerde besluite
......... & soms sommer net omdat, -daar misverstande in die verlede was.

Daar was dae wat jou pyn, -diep binne jou hart, wat  jou wou vernietig het!... 
(net soos met jou pa), 
Ek't saam met jou gehuil, 
(net soos pa dit graag sou wou doen),
Ek't My hande gehou en jou kosbare trane opgevang.
Ek ken jou seer, ek ken pyn....

Daar is tye wat mense My nie verstaan het nie, 
(net soos met jou pa), 
Ek verwerp is, deur hulle wat Ek liefgehad het,
(net soos met jou pa), 
 daarom weet Ek hoe jy voel.
Daar was dae wat jy deurmekaar gevoel het,
en gewonder het wat, waar en hoekom....?  
(Net soos met jou pa, 
-het Ek nie vir jou antwoorde, NOU nie, Eendag het ek dit wel vir jou......), 
Ek wil net vandag vir jou sê.....
Nie een van die foute wat jy gemaak het,
het My onkant gevang nie.
Ek was nie verbaas nie......
Ek weet alles. Ek verstaan alles. Ek sien alles....
(anders as  met jou pa, wat nie al hierdie dinge 'is & weet' nie!)
 
Ek kyk na jou met oë wat NIE oordeel nie.
Ek kyk na jou met oë van Liefde
en ek luister na jou met my Hart omdat
Ek 'n Pa is wat uit Liefde bestaan,
(.......net soos jou pa, aldag probeer maar nie altyd dit 100% regkry nie...) 

Soms het mense al 'n verkeerde prentjie
van My vir jou geskilder, 
(net soos met jou pa),  
Is ek NIE 'ver' van jou af, 
(soos  jou pa is), nie. 

Ek ken jou beter as enige iemand anders.
Ek weet wie JY werklik IS.



Jy kan my ten volle vertrou met AL jou 
haartseer, pyn & teleurstelling van .........die verlede
Maar ook, -met al jou drome, hoop & aspirasies vir die toekoms.

PRAAT met my daaroor......... op 'n daaglikse basis,
-want ek (net soos jou pa), stel werklik belang,

Jy's Kosbaar vir my.
Ek IS Lief vir jou. 

....nog meer as wat jou aardse pa ooit vir jou kan wees!


Jou Hemelse Vader
(...in die afwesigheid van jou werklik Liefhebbende & Verlangende aardse vader)

Shalom

1 comment: