Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, February 01, 2012

Glasskerwe / "Piesces of broken glass"


Soms is n mens se lewe vol brokstukkies; 
' Flenters'  van " mishaps" vanuit die verlede,
Sommige van hulle is  slegs maar ' pynlike' krake ,
Ander het baie seer en diep gesny......

Die Here skraap egter op 'Sy manier & in Sy Tyd', al die individuele 'skerwe-van-hartseer & pyn', bymekaar..........
Hy herrangskik dit en maak die mooiste denkbare mosaiek daaruit....
Dan is ons elk nes 'n 'mens-lappieskombers'.....
Aan die onderkant is die ' flenters van die verlede & omstandighede,' wat deurmekaar, toiings hang & geen sin maak nie......
Dog, sou jy die 'geweefde meesterstuk' omdraai, is dit wat die 'Meester' daaruit ' geskep' het,
' n Pragmens wat uniek in elke opsig & 'kunstig voorberei' is...!


Dis hoekom elk-mens, -" 'n mooi mens"  is........
Geen Mens is 'net'  lelik of sleg nie...
Elk-ander moet net die 'tyd & geduld' aan die dag le om die 'Skoonheid' van die 'Meester-wewer' in mekaar te kan herken.......
Die 'skoonheid' is wel daar......... te midde van vergetelde 'stofwerige flenterstukke & krake' ......... MITS jy mooitjies kyk... sal jy ten spyte van die ' pyn-verdowende aangeleerde pretensies' ,-dit tog kan raakvat....

As ons elk maar ' in Hoopvolle Geloof ' ons in gehoorsaamheid wil toelaat dat GOD ons ' skep',
sal die skerwe verander word in 'n prag-kunswerk...
Iets wat  van waarde & funksioneel is, vir 'iemand anders'


Die uiteindelike " wenner /verloorder" in die ' Reisies van die Lewe' is nie die een wat die meeste vergader het rondom hom/haar & 'n pad van verwoesting & seerkry in vertrappende voetspore agtergelaat het nie.....!
' Sukses' , -word uiteindelik gemeet aan, -tot watter mate ons elk aan 'n ander mens, die Vinger / rigting van die Pad na Jesus kon wys & kon wees.
Dit is net moontlik deur self 'soos Jesus', (in Sy ' fisiese afwesigheid' ) vir jou medemens te wees. 
Elke dag......
.......todat ons taak hier benede, ' voltooid'  is !



M
oenie vandag probeer om GOD se 'Kunstenaarshand' vas te hou nie...
Laat Hy ......jou te midde van ' chaos' 
.......binne-in & rondom jou, vashou! 
Hy doen die 'Wonderwerk',
 .......doen jy net die 'Vertrou-werk'
Sodat jy so....
 Sy Vashou-Kunswerk-in-wording,
Elke dag in praktyk 
na andere kan uitleef..!


Shalom

No comments: