Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Sunday, January 29, 2012

Seeninge.............Ongebruik ! / Blessings Unclaimed ?



Na 'n mens dooi, word andere aangestel as die eksekuteur van die oorledene se boedel. 
Baie van diegene van aangestel word, het geen idee gehad wat dit alles behels nie en nog minder watter klomp werk daarin moet gaan.........

Weens die baie bedrog (veral in SA),wat daar al plaasgevind het met boedels en testamente is die reëls so erg dat dit amper lyk of jy ‘n skelm is as jy die oorledene se geld wil losmaak om aan die erfgename uit te deel. 
Maar wanneer al die rompslomp verby is, kon ons alles wat oorgebly het vererf word, & kon elke erfgenaam  sy erfporsie kry soos per wense van die testament.

Dit werk presies so met Jesus se erfporsie. 
Soos die oorledene, eers moes sterf voordat haar testament ingeskop het, moes Jesus ook eers sterf voordat sy testament ‘n werklikheid kon word. 
Daar was gelukkig by die uitwerk van sy testament nie so baie administratiewe rompslomp nie. 
Die erfporsie was eenvoudig: almal erf! 
Wat? 
Hebr. 9:15~22… Nou kan almal vir wie God na Hom toe geroep het, alles by Hom kry wat Hy belowe het, want hulle is nou sy kinders. Jesus het daarvoor gesorg. 
Hy het alles gegee wat God gevra het om die verkeerde dinge te vergewe wat die mense gedoen het.
Jy erf die kindskap van God.
Jy/Ek is ‘n kind van God. 
Niks kan hierdie nuwe status van ons/jou? af wegneem nie. 
Nie die duiwel nie, nie die sonde nie, nie eers jyself kan jou nuwe status as kind van God van jou af stroop nie. 
Daarvoor het Jesus aan die kruis gesorg. 
Hierdie porsie wat ons erf is alles omvattend. 
Daar is nie gebreke in die testament nie. 
Alles is deurdink en is oorgenoeg vir almal. 
Alles wat God vir my en jou belowe het sal waar word. 
Dit is ‘n ongelooflike belofte........... 

Dit laat dink my nou weer aan die boekie Jabes se gebed, waar die man deur die engel in die hemel rond gewys is.
In die middel van die hemel was daar ‘n tamaai groot stoor en die man wou ook graag sien wat alles daar geberg word. 
Huiwerig het die engel die man soontoe geneem. 
Die man het verwonderd gestaan en kyk na die groot klomp bokse en het opgemerk dat elkeen ‘n naam op het. 
Hy het al hoe verder gesoek en op die ou end by ene gekom waarop sy naam staan. Verwonderd het hy die engel gevra wat daarin is............... 


Weer huiwerig het sy begin praat: Dit is die seëninge van die Here wat Hy vir jou uitgesit het, maar jy het nooit daarvoor gevra nie! 

God belowe so baie vir ons. 
Hy wil ons so graag seën. 
Jesus het al die seëninge vir ons aan die kruis los gesterf. 
Dit is deel van ons erfporsie. Maar om een of ander rede vra en verwag ons nie die seëninge nie. 
Dalk kyk ons vas in die grense van die werklikheid hier om ons, dalk druk ons eie teologie ons in die hoek vas of dalk het ons so groot geword. 
Ai, as ons maar net besef hoe groot ons erfporsie is. 
God wil vir ons al sy beloftes waar maak. 
Die stoptekens van die verlede is deur Jesus uitgepluk en ons kan nou gaan speel in God se beloftes en sien hoe hulle in ons elkeen se lewens waar word. 
Dit is dalk nou die tyd om die beloftes aan te gryp en te leef met die verwagting dat hulle gaan waar word. 
Leef soos oorwinnaars. 
Leef soos kinders wat ‘n ongelooflike groot erfporsies gekry het. 
Moenie dit in die boks los nie, maar leef dit nou uit. Jesus het daarvoor gesterf!

Shalom

No comments: