Soekend en sukkelend op my eie.....
Elke mens beplan sy lewe, maar alles
hang van die Here af -. Spreuke 16:9
Kyk maar na
ons handsakke…. Dis meestal volgeprop met baie goeters…. Lipsticks, tissues,
sleutels, beursie ,haarborsel, selfoon, siggarette…..
Ek glo ons
dra elkeen ook ‘n geestelike handsak, ‘n plek waar ons mooi memories en minder
mooi nagmerrie-ervarings stoor.
Wat doen jy
met slegte ervarings?
Sleep jy dit
saam soos ‘n ysterbal en ketting om jou enkel?
Hierdie
negatiewe emosies neem baie spasie in jou geestelike handsak op.
As jy gedurig daaraan dink, daarmee worstel
en daarop focus – selfs net in jou
onderbewussyn – sal dit jou beroof van lewensenergie en lewensblydskap.
....En ‘n voller lewe.
Ek weet
niemand kan
werklik ten volle op koers kom of vorentoe beweeg in God se Meesterplan as daar
emosionele bagasie in jou handsak is nie; goed wat nie uitgesorteer is nie.
Los die verlede.....
Ek wil nie maak asof ek die een is wat
volmaak is nie.
Alles behalwe dit; maar
ek gee alles om so te probeer wees.
Daarom
steur ek my nie meer aan my verlede en al die dinge
wat skeefgeloof het nie.
Soos ‘n atleet
wat sy oë net op die wenpaal hou, so span ek alles in my in: ek wil die prys
aan die einde kry. – Filippense 3:13-14
Word bewus
van die issues wat jy in jou lewe het.
Jy moet dit uitpak en aanspreek as jy gesond wil word.
To you who are ready for the truth, I
say this: Love your enemies.
Let them
bring out the best in you, not the worst.
When someone gives you a hard time, respond with the energies of prayer for that person. – Luke 6:27-28
Ongelukkig is
heelword ‘n proses.
Tenminste weet ek
waar om my antwoorde te soek.
By Sy
voete op my knieë.
Om ‘n hart
vol haat, bitterheid en pyn te verander in ‘n hart vol liefde vir jou vyande is
onmoontlik sonder God se hulp.
Hoe?
Bid, bid, BID.
En wees gehoorsaam wanneer jy sy opdrag om te
vergewe hoor.
God se
teenwoordigheid [Gees] regeer nie in ‘n harde hart vol bagasie nie – die bose
regeer daar.
God regeer slegs in ‘n
sagte hart van Liefde, Vergifnis en Genade.
God vra ‘n
hart van vergifnis – nie net vir die liefdevolle, nice mense nie, maar juis ook
vir jou liefdelose “vyande”.
Het jy
geweet?
Dit het die Israeliete veertig
jaar [in plaas van elf dae] geneem om by die beloofde land uit te kom.
Hoekom?
Hulle het
veertig jaar om en om dieselfde “emosionele berg” gestap.
Hoeveel keer
is jy al om dieselfde berg [negatiewe gedagtes wat jou gevange hou] in jou
lewe?
Neem God se hand – Hy
wil jou uit Egipte uitlei na die beloofde land wat Hy vir jou ingedagte het.Toe, ek dare jou!!!
Shalom
No comments:
Post a Comment