Beantwoord egter daagliks die volgende 4 vrae..........
1) Watter sondes het jy begaan?
2) Watter versoekings was daar?
3) Hoe is jy daaruit gered?
4) Wat het jy gedink, gesê of gedoen waaroor jy onseker was of dit wel sonde was nie?
Hierdie vier vrae sal jou geestelik paraat hou.
Paulus skryf, '[God] sal keer... Midde-in die versoeking sal Hy vir 'n uitweg sorg...
Portia Nelson skryf in haar opstel A Way Out,
'Ek stap in die straat af.
Daar is 'n gat in die sypaadjie en ek val daarin.
Ek is verdwaal; dis nie my skuld nie.
Dit neem my lank om daaruit te kom.
Ek stap weer in die straat af.
Daar is 'n gat in die sypaadjie, maar ek maak asof ek dit nie raaksien nie, dus val ek weer in.
Ek kan nie glo ek is weer daarin nie; nogtans, dis nie my skuld nie.
Ek stap weer in die straat af.
Daar is 'n gat in die sypaadjie.
Ek sien dit, maar val steeds daarin - dis 'n gewoonte.
Maar my oë is nou oop en ek weet waar ek is. Dis mý skuld.
Ek klim dadelik uit.
Ek stap in die straat af.
Daar is 'n gat in die sypaadjie.
Ek vermy(* die gat.
Uiteindelik, stap ek in 'n ander straat af!'
Die verantwoordbaarheid van 'wat' om te doen, wanneer 'n mens voor 'n keuse gestel word, is duidelik elk se eie verantwoordelikheid.
Alleen, -sonder die Hulp & Bystand van die Heilige Gees is dit egter menslik om keer op keer te faal.
*)Slegs wanneer 'n mens egter 24/7/365 'wandel in-die-Krag'van die Heilige Gees, is oorwinning 'n moontlikheid.....
Shalom
No comments:
Post a Comment