Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Tuesday, September 20, 2011

Na wie se "pype dans" jy ...aldag..?

Die lewe is soos 'n doolhof; mens raak maklik verdwaal......


Die druk om ander gelukkig te hou, kom van alle kante af. 
Ons probeer vasstel wat die belangrike mense in ons lewens wil hê en hoe ons dit aan hulle kan gee. 
In die proses raak ons egter verlore. 
Jy moet stilstaan en vra...., 
- Vir wie lewe ek? 
- Hoekom doen ek die dinge wat ek doen?


Paulus skryf, 
'Ons het gawes wat van mekaar verskil...Ons moet hierdie vermoëns reg gebruik...' (Romeine 12:6). 


Wat is God se roeping vir jou lewe, waarvoor het Hy jou toegerus? 
Mense wat sukses behaal, word deur God gelei. 
'Maar as die Gees ons lewe beheer...' 
Moenie kwaad word omdat mense eise aan jou stel nie; dis jou lewe - neem beheer daarvan!  Die druk wat jy ervaar, kan moontlik glad nie van ander mense kom nie, maar van jou instink om mense te behaag! 
Ons doen soms dinge wat ons eerder nie wil doen nie. 
Ons doen die dinge egter omdat ons ander liefhet. 
Dis 'die vrugte van die Gees' (Galasiërs 5:22). 


Dit is egter nie dieselfde as om deur jou eie onsekerhede en deur die eindelose eise van ander beheer te word nie. 
Moenie probeer om 'alles vir almal' te wees nie - jy sal verdwaald-wegraak. 
Moet ook nie vir die goedkeuring van ander lewe nie, want in die proses gee jy God prys. 


Dis tyd dat jy soos Paulus, op pad na Damaskus, begin vra wat die Here wil hê dat jy moet doen (Handelinge 9:6). 
Wy jouself dan ten volle daaraan toe ten spyte van die opinie wat ander het.


Shalom

No comments: