Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Tuesday, September 20, 2011

Die lewe...dan die dood,... & dan...?

".......'n mens se lewe is baie kort, net soos ’n wintersdag...."


Komende vanuit die 'Stof van Afrika' word my lewensbeskouings, waardes en beginsels ook gevorm deur die harde pioniersomstandighede van Afrika........
‘n Lewensbeskouing van: “Breek deur, bou op, maak glad die land”
En waardes van: “werk met vlyt en smart; op te staan en alleen te ly”
"… gebore om te gee..."

Dit is juis die gee… Alles, die beste wat ons besit, maar onvoorwaardelik van jou self te 'kan' gee, wat 'n uitgewekene /'gestorwe' se nalatenskap so besonders maak. 
Dit laat só 'n mens uitstaan tussen mense, -omdat sodanige skouers breed gedra het aan die sorge van ander mense.........


Om vanuit die Here se Genade te leef, maar ook die Genade teenoor ander uit te leef, is geen maklike 'menslike' taak nie, -eerder 'n Godgegewe Gawe (wat deesdae so skaars soos hoendertande blyk te wees, veral in die geledere van 'onvergewensgesinde snobistiese Christelikheid' van 'rykmans-familie' - & 'mooiweers'-vriende ......)
  
Mag die Heer deur Sy Gees elk desnieteenstaande onderskraag om onthou te kan word as iemand wat op ‘n sagte manier bereid was om te luister, te help waar 'n mens kon. 
Met ‘n hart vol deernis,  mee te leef met die lief en die leed, die hartseer en die pyn van hulle wat swaarkry ken, terwyl jy dikwels jou eie swaar alleen maar geduldig moet dra.
Deur die Genade,  - ‘n 'vol' Lewe & die lewe tot aan die einde voluit te mag (be-)Leef....!


Die Gees beaam dit in Openbaring 14:13: 
Skryf op! Geseënd is die wat van nou af in die Here sterwe.” 
Die ou vertaling sê: “Salig is die wat in die Here sterwe,” want “hulle wat die gebooie van God nakom en in Jesus bly glo” sal rus… 
Ongelowiges het volgens vers 11 “dag en nag geen rus nie”, maar dié wat in die Here sterwe, vind rus..... Mag ek rustig, in die Vader se arms tot rus kom.....
“… die wat in die Here sterwe se werke volg hulle.” 


Net so min as wat dood ‘n gelowige kan doodmaak, net so min kan die dood die goeie werke van ‘n gelowige uitvee of met leuens 'verdraai' 
Die dood is nie soos ‘n reuse uitveër wat ons nalatenskap wegvee totdat daar niks op aarde oorbly nie......... 
God vergeet ons sonde, ons swakhede, ons mislukkings, maar Hy vergeet nie wat ons in Sy Naam op die aarde gedoen het nie.
(Wanneer gaan ons as 'geveinsde' sg. beeld-draers van Hom, OOIT dieselfde wil & kan doen..! ?
Hoekom is die begrippe "Mercy & Grace" in soveel vergeteldheid, gehul ?) 


Daar is 'niks' wat ek méér begeer as om met my 'geliefde kinders' van toentertyd, in dié lewe nog versoend te kan raak nie....... 


Nietemin, deur die Gees sit Hy Selwers, die goeie bouwerk voort !
Dit is troos – die Here bou deur die Gees voort op die bouwerk, die liefdeswerk, die omgeewerk van hulle wat Hom liefhet..............
Die Here roep Christene-in-Woord-&-Daad, om nie nét die 'verstotenis'/uitegewekenes/ 'afgestorwenes' se werke te onthou nie, maar om op sy/hul nalatenskap voort te bou. 
So sal diegene se nalatenskap nie verdwyn nie, maar ook (eendag...?) vir kinders en kleinkinders en hulle kinders (wat dié Here volg) -hopelik nog steeds waarde hê.


Almost everything–all external expectations, all pride, all fear of embarrassment or failure–these things just fall away in the face of death, leaving only what is truly important. 
Remembering that you are going to die is the best way I know to avoid the trap of thinking you have something to lose. 
You are already naked. 
Your time is limited, so don’t waste it living someone else’s life
There is no reason not to follow your heart…


Shalom

No comments: