Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Monday, November 15, 2010

Pitkos ..........as 'Nommerpas' opmerkings op 'Daaglikse spreekwoordelike "issues"..'



* Die beste manier van 'wraak' om  iemand "terug te kry" is,  -om te vergewe
* Voed jou geloof  en jou twyfel sal sterf van die honger.
* Tensy jy die  hele skepping kan skep in 5 dae, is dit miskien nie so 'n  goeie idee om vir God voor te skryf nie.
* Suksesvolle  huwelike is nie om die regte persoon te vind nie maar om die regte persoon te  wees.
* As die Gras groener is aan die ander Kant van die draad, kan jy verseker wees die waterrekening is ook  hoër.
* Woede is 'n  toestand waar die tong vinniger werk as die verstand.
* Jy kan nie die verlede verander nie, maar jy kan die huidige ruïneer  deur te bekommer oor die toekoms.
* God gee altyd Sy  beste aan hulle wat die keuse aan Hom oorlaat.
* Alle mense  glimlag in dieselfde taal.
* 'n Drukkie is  'n groot geskenk! "One size fits all"!
* Almal verdien  om bemin te word.... Veral hulle wat dit nie verdien nie.
* Die werklike  maatstaf vir 'n man se rykdom is wat hy belê het in die lewe hierna.
* Elke een het 'n skoonheid maar nie almal sien dit nie.
* Dank God vir  wat jy het (vergenoegdheid)  en VERTROU HOM vir wat jy benodig.
* Indien jy jou  hart vul met verwyte oor gister en bekommernisse van môre, het jy geen vandag om  voor dankbaar te wees nie.
* Indien iemand  iets slegs van jou sê, leef so dat niemand dit glo nie.
* Geduld is die  vermoë om jou "engine te laat idle" terwyl jy voel jy wil jou" gears  strip".
* Harde woorde  breek nie bene nie maar wel harte.
* Liefde word  versterk deur saam deur konflik te werk.
* Om uit die moeilikheid te kom, moet mens gewoonlik  daardeur.
* Ons neem as  vanselfsprekend aan die dinge waarvoor ons moet dankie sê.
* Liefde is die  enigste ding wat verdeel kan word sonder dat dit minder  word.
* Neem tyd om te  lag want dit is die musiek van die siel.
* Karakter word getoets deur voorregte, hoe meer voorregte iemand geniet, hoe beter kan jy sien wié hy werklik aan die binnekant is...


Mag Jesus Christus deur die werking van die Heilige Gees immer in my & jouse Harte ........, -Heers...!


Shalom

No comments: