Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, November 10, 2010

10 Gebooie .....in ander woorde, iewat -meer verduidelikend, as die gewone vertaling........



1. As Ek (Jesus Christus) die 1e plek in jou lewe inneem, sal jy geen ander gode wil dien nie, want Ek sal die Ereplek in jou lewe hê!


2. As Ek in jou hart woon, sal dit nie nodig wees om gesnede beelde van My te maak nie, want jy sal self My Beeld dra!


3. As jy My liefhet, sal My Naam nooit ’n vloekwoord oor jou lippe kan wees nie, maar My Naam: Jesus Christus, -sal in alle omstandighede deur jou Eerbiedig en Gerespekteer word!


4. As Ek die Ereplek in jou lewe het, sal die Sabbat die hoogtepunt van die week vir jou wees. Dit sal vir jou ’n Vreugde wees om in die Gemeenskap van die Heiliges My te aanbid. ’n Dag om na uit te sien, nie om teen op te sien nie.......... !


5. As Ek in jou lewe is, sal dit vir jou ’n voorreg wees om jou ouers te eer en lief te hê. Dit sal nie vir jou moeilik wees nie, want agter hulle (d.i. jou ouers),  sal jy My sien wat hulle vir jou uitgekies het!


6. As jy My Liefde jou eie gemaak het, sal jy nooit iemand wil seermaak of haat nie, wat nog te sê doodmaak..!


7. As jy My Liefhet, sal dit nie moeilik wees om aan jou lewensmaat getrou te wees nie.....
As Ek ’n Ereplek in jou huwelik het, sal julle vir mekaar lief wees (soos Ek vir jul elk, Liefhet) en julle geluk sal Ek in My Hande bewaar en vashou!


8. As Ek op die troon van jou lewe sit, sal jy daagliks vra: 
Aan wie en waar kan ek aan ’n ander iets gee ?
.........en jy sal nooit iets van 'n ander wil neem nie.....


9 .As Ek in jou lewe is, sal dit nie meer vir jou lekker wees om van ’n ander kwaad te praat nie. Deur My Gees sal jy ’n mens wees wat van ’n ander niks sal sê as dit nie iets goeds is nie!


10. As jy een met My is, sal My Gees jou tevredenheid gee om vergenoegd te wees met wat jy het, met die besef dat God Gee soos wat jy nodig het en wat Hy gee, gee Hy altyd genoeg sodat jy niks sal kortkom nie!


Shalom   

No comments: