Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Monday, July 26, 2010

Leer 'HOE om te Lewe'........... vanuit 'n hond se verwysingsraamwerk.!



Mense word gebore sodat hulle kan leer hoe om goed te lewe soos om almal altyd lief te hê....? Honde weet reeds hoe om dit te doen en daarom hoef hulle nie so lank hier te bly nie.'
Leef eenvoudig.
Gee liefde vryelik..
Gee werklik om.
Praat vriendelik.
Onthou, as 'n hond jou leermeester was, sou jy dinge geleer het soos:
·  As iemand wat jy liefhet tuiskom, hardloop om hulle te groet;
·  Moet nooit nee sê vir 'n pretrit nie;
·  Geniet die vars lug en die wind in jou gesig ekstaties;
·  Neem af en toe 'n slapie;
·  Strek voordat jy opstaan;
·  Hardloop, baljaar en speel daagliks;
·  Gedy op aandag en laat mense aan jou raak;
·  Moenie byt as 'n grom genoeg is nie;
·  Staan 'n oomblik stil op 'n warm dag en lê op jou rug op die gras;
·  Drink op 'n snikhete dag baie water en lê onder 'n skaduweeboom;
·  As jy gelukkig is, dans rond en swaai jou hele lyf;
·  Geniet 'n eenvoudige, lang uitstappie;
·  Eet met smaak en entoesiasme, hou op as jy genoeg gehad het;
·  Wees lojaal, moet nooit iets voorgee wat jy nie is nie;
·  As dit wat jy wil hê diep ingespit is, grawe tot jy dit vind; en
·  As iemand 'n slegte dag het, wees stil, sit naby en leun saggies teen
hul aan.....



Shalom

No comments: