Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Tuesday, January 23, 2018

"Koringkorrels vs die kaf van koring......"




Hoe ouer mens word, hoe meer en meer besef jy dat 'n R70 horlosie presies dieselfde tyd aangee as 'n R700 een. 

Of jou huis 70 vierkante meter, is of 700 vierkante meter, die eensaamheid en hartseer of vrede en geluk binne in bly dieselfde.........

Hopelik sal ons almal eendag besef dat innerlike vreugde en vrede nie van fisiese besittings of rykdom afhang nie!

Of jy nou eerste klas of ekonomiese klas in 'n vliegtuig reis, as die vliegtuig val, val jy saam!

Daarom moet ons verstaan dat as ons wáre vriende het, mense saam met wie jy kan lag en huil en sing en bid en gesels oor alles en nog wat, dat dít eintlik WARE rykdom is...

Geniet die mense rondom jou wat God oor jou pad gebring het, want hul waarde is onmeetbaar en onskatbaar.......

Vertel vir hulle hoe kosbaar hulle vir jou is en hoe belangrik hulle voetspore in jou lewe is...

Wees ook dankbaar vir diegene wat jou wiele pap maak en jou geduld tot die uiterste toe beproef, -want jy leer waardevolle lewenslesse deur hulle.

Vergewe en maak reg terwyl daar nog tyd is..... 
Wees dankbaar dat jy 'n gesin en vriende en familie het.... 
Hulle is net vir jou geleen, en eendag gaan jy hul werklike waarde besef as jy hulle leë stoel of plek dan eers raak sien...

Besef vandag opnuut dat sonder God in jou lewe, alles eintlik 'n sinnelose gejaag na wind is.

Ons hou ons besig met soveel dinge wat geen Ewigheidswaarde het nie, terwyl ons eintlik moet voorberei vir 'n Ewigheidslewe saam in die Hemel....

So, -koop die tyd uit, want tyd is die een ding wat ons nooit weer terug kan kry as dit eers verby is nie....

Shalom.... & Maranatha


No comments: