Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Tuesday, December 19, 2017

Die hedendaagse BOER......in Suid-Afrika



Neem 'n groep van die Nederlanders wat hulle vir 80-jaar lank teen al die mag van Spanje verdedig het.....
(Spanje was op daadie dag nog die grootste mag op aarde......!)
Meng hulle met 'n groep onbuigbare-dwarsgat Franse Hugenote wat hulle huise & besittings opgeoffer het & ter wille van hulle Geloof in God, -hulle land met die 'Herroeping van die Erik van Nantes' verlaat het.......
Die produk van die vermenging van hierdie groep mense was duidelik een van die mees geharde & onoorwinlike rasse op aarde.....
Neem hierdie groepie buitengewone mense & oefen hulle vir 7 geslagte in fisiese oorlogvoering teen barbaarse mense & gevaarlike roofdiere in omstandighede waarin geen 'swakkeling' kan oorleef nie......
Gee hulle die geleentheid dat hulle besondere vaardigheid met wapens & perde kan verkry in 'n land aan die Suidpunt van Afrika wat 'n uitstaande plek is, -vir taktiek vir Jagters, goeie Skuts & Ruiters.....
Plaas dan ook 'n verfynde temperament op hulle militere vernuf deur 'n Leefwyse gesetel in Godelike Afhandlikheid & Geloof in Jesus Christus ALLEEN, -geskoei op die Woord van God soos vervat in die Bybel......  
Vermeng dit met 'n hartstogtelike liefde vir die grond & natuur....
Voeg al hierdie eienskappe & drange in een individuele mens saam & wat kry jy....?

Die 'moderne' BOER......
.....& ek is een van hulle!

"Wat ons gehoor het & weet & ons Vaders ons vertel het, -sal ons NIE verberg vir hulle kinders nie, -maar aan die volgende geslag vertel die roemryke Dade van die Here & Sy Mag & Sy Wonders, -wat HY gedoen het......" (Ps.78:3~4)

Shalom & .....Maranatha !  

No comments: