Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Thursday, November 02, 2017

Failure...... ? / Mislukking.....?

"Failure of Opportunity"....is the Phase that forms the Basic Foundation, hereof.....

Wanneer sekere gebeurtenisse in ons lewens van tyd tot tyd plaasvind & aan ons uitdagende eise stel waaraan ons definitiewe antwoorde moet verskaf, óf daadwerklike aksies moet neem, -is dit 'n makliker uitweg om somtyds t
e redeneer dat......
.....God sal nooit iemand soos ek gebruik nie;
.... ek is nie 'gekwalifiseerd-genoeg' itv kennis, vaardighede of ervaring nie;
.....ek het nie die regte "tools" nie.... 
.....ek kan dit nie alleen doen nie.... 
.....hierdie is nie eens my mense nie.... 
Veelerlei verskonings, benewens die bogenoemde, -kan ons kreatief-innoveer om ons op welke wyse te diskwalifiseer van gepaardgaande verantwoordelikheid & verantwoordbaarheid.
As jy 'n verskoning soek, sal jy altyd een kry. 
Wanneer dit by verskonings kom, is ons oneindig kreatief. 
Wat as ons egter daardie kreatiwiteit gebruik om oplossings in plaas van verskonings te kry?

Die bereidwilligheid-tot-gewilligheid om gebruik te kan/wil word is egter 'n voorvereiste voordat God ons dan eers, as 'n instrument kan gebruik om sy doelwitte te vervul. 
Wanneer God jou gees deur Sy Gees aanraak of jou hart beweeg, kan jy nie terugsit nie, jy móét aksie neem. 

Wanneer jy dit doen, kan dit 'n bepalende oomblik in jou lewe wees. 
Moenie jou oor die resultate bekommer nie. 
As dit die regte ding is, is die resultate God se verantwoordelikheid
Fokus daarop om die regte dinge vir die regte redes te doen en moenie die leuen glo dat dit nie gedoen kan word nie! 
Ja, jy sal al jou kragte daarvoor moet gebruik, maar jy kan alle dinge doen deur Christus wat jou krag gee, (Filippense 4:13). 

'n Poging wat misluk is nie 'n mislukking nie!
Mislukking is as jy nie eens probeer nie 
As jy probeer, is jy suksesvol in God se oë
......mits dit met die regte gesindheid gedoen word !
Gryp dus die aangeleentheid aan met 2-hande...... & "Just DO it" !

Shalom ........ & Maranatha

No comments: