Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Monday, October 03, 2016

God IS.....


In teenstelling met wat ons wysgemaak word, is die wetenskap en die Skrif nie noodwendig twee uiterstes nie.....

Die getal wetenskaplikes wat in die Bybel glo, het met die uitvinding van kwantum fisika, wat die wonderbaarlike simmetrie en orde waaruit die heelal bestaan ondersoek, aansienlik gegroei. 
Het jy geweet dat een van die briljantste wetenskaplike boeke van ons tyd deur nie minder as sestig beroemde wetenskaplikes, insluitend vier-en-twintig Nobel vredesprys wenners, geskryf is? 
Die boek se titel is Cosmos, Bios, Theos wat Heelal, Lewe, God beteken. 

Een van die boek se skrywers, die Yale fisikus, professor Henry Margenau, het opgemerk dat daar net een oortuigende antwoord vir die ingewikkelde wette wat in die natuur bestaan, is.....
Wat glo hierdie briljante man is die antwoord? 
Evolusie? 
Toeval? 
Nee! 
Margenau glo dat die skepping deur 'n almagtige, alomteenwoordige God ontstaan het! 
Om dus in God te glo is om die wetenskap te glo, sowel as om die onfeilbare Woord van God te glo. Die Bybel sê: 

'...Weet jy nie dat die Here van altyd af God is nie? 
Hy is die skepper van die hele aarde... Hy gee krag aan dié wat moeg is. 
Hy maak die magteloses sterk... dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry. 
Hulle vlieg soos arende. 
Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie' 
(Jes. 40 : 28-31) 

Dit beteken dat jy deur gebed toegang tot die grootste krag en liefdevolste sorg in die heelal kan kry. Hoe wonderlik is dit nie ! ? 
Plaas jou vertroue op Hom. 
'Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag' (Spreuke 16:3 )

Shalom ... & Maranatha !

No comments: