Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Sunday, November 22, 2015

Woorde......... 'n Geskenk of Vervloeking...

Die Bybel sê, '...Kom ons help om mekaar se geloof sterk te maak' (Romeine 14:19 DB). 



Toe Job in die moeilikheid was, het sy vriend Elifas hom herinner dat hy 'baie mense wat moed verloor het, reggehelp en moed ingepraat het '. 

Woorde kan verwond of genees, vernietig of verlos, afbreek of opbou.....
 'Die tong het mag oor dood en oor lewe...' (Spreuke 18:21 ). 

Iemand het die volgende te skryf gehad oor die impak van woorde......:
'Jy... die een met Jesus in jou hart - is tot moord in staat....'
Ons het die mag om dood met ons woorde te spreek, en... die mag om lewe te spreek..... 

Miskien was jy soos ek al aan die ontvangkant van woorde wat bedoel was om te moor. 
'Jy is nie slim genoeg nie... nie ryk genoeg nie... nie goed genoeg nie... '
.......'n ware Christen sal nie sulke dinge dink nie......

In 'n wêreld waar mense afgetakel en verneder word, gee God aan jou die bomenslike krag om deur die negatiwiteit te breek. 
Jy spreek lewe wanneer jy sê, 'Jy maak vir my saak; Ek hou van jou net soos jy is... Jou lewe het waarde....sonder om net/slegs as 'n weggooibare gebruiksartikel geag te word !
Jy is vir 'n doel geskep. God het jou lief, en jy is oneindig kosbaar vir Hom.

' Jy kan die stem van God se genade in die lewens van ander word, deur hulle te ondersteun, lief te hê en te bemoedig deur die woorde wat uit jou mond vloei.' 
God wil hê dat ons mekaar sal bemoedig, maar dit beteken nie dat jy mense moet vlei nie....!
 Dit beteken dat jy woorde moet spreek wat hulle op hulle voete sal hou en hulle sal laat voortbeweeg. 

Wat jy sê, kan nuwe hoop aan 'n vriend, familielid, buurman of kollega gee wat op die punt is om ineen te stort. 

Wat 'n geskenk is dit nie...........!

Shalom ... & Maranatha !

No comments: