Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Friday, November 07, 2014

The 'Gift of Today' / 'n Geskenk van Deser......

"Carpe Diem"


Van ons mense is dikwels so besig om met die verlede te worstel of te dink aan wat die toekoms
mag inhou, dat ons vergeet om vandag voluit te leef !

"......Maandag gaan ek met my dieet begin; ek sal volgende week die stoor regpak; oor ‘n jaar sal ek
begin spaar vir my oudag…"
Klink dit nie bekend nie?

Hoeveel keer wens ons nie vandag om nie; ons byt net vas tot die naweek, tot die seevakansie, tot daardie nuwe bakkie. 
Wat ‘n mens egter nie besef nie, is dat ons daardie einste dag wat verbygewens word, NOOIT weer sal kan terugkry nie...........

As ek die tyd kon terugdraai, sou ek beslis ‘n paar dinge anders wou doen, maar sou my lewe
uitdraai soos dit het? 
Sou my verlede dalk ‘n ander pad met my gestap het? 
Dit sou gewis nie beter kon wees nie, want hierdie lewe is 'nommerpas-uniek' vir my afgemeet, uitgeknip & aangetrek......

Elkeen het ‘n plekkie waar hy of sy vrede en berusting vind, kos vir sy siel. 
Vir jou is dit dalk die teenwoordigheid van jou familie, jou vriende of jou kinders se stemme. 
Vir my is dit die reuk van lusern, die gevoel van ‘n perd se asem in my nek of my hond se kop op my skoot. 
Ek en jy durf nie nóg ‘n dag verbywens nie, want dit sal ‘n dag daarsonder beteken. 
Jy het ook die vermoë om daardie besluit te neem; beheer daaroor te neem........

As vandag verby is, is dit vir ewig verby, net soos daardie 'trein van die lewe'. 
Gaan jy hom nóú haal of sal jy môre? 
Môre is dit dalk te laat…

Net soos ons nie die vermoë het om die tyd terug te draai nie, is daar ongelukkig ook ander
dinge wat buite ons beheer is, soos onder meer die weerpatrone. 
Boere is nou maar eenmaal aan die natuur uitgelewer en selfs die beste landboupraktyke en droogtebestande kultivars kan nie ‘n droogte troef nie.
As daar nie 'kos' is nie, -kan geen dier verder aanhou vreet op 'niks' nie
Die grootste gedeelte van die land is egter oor die afgelope paar weke met langverwagte, nodige reën geseën. 
Hierdie reënval het definitief 'n baie positiewe effek op die landbougemeenskap......

Moenie huil oor die verlede nie, dit is verby.......
Moenie gespanne wees oor die toekoms nie, dit is nog nie hier nie. .....
Leef in die hede en benut vandag ten volle!

Shalom & Maranatha !

No comments: