Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Friday, July 11, 2014

Die gees & Gees ........ in jou as mens ?



Met die onlangse opspraakwekkende 'Pistorius-hofsage' wil meeste mense hê dat die 'waarheid' moet uit. 

En al persoon wat die sg. waarheid weet, is die 'verdagte/beskuldigde' self !
Hy was daar..... 
Met elke tree wat daar geneem is, elke handeling en elke keer as die sneller getrek is, was die 'verdagte/beskuldigde' se gees die toeskouer. 
Sy gees ken elke stukkie detail van wat die aand daar gebeur het en byna die hele wêreld smag dat die 'verdagte/beskuldigde'  se gees sal opstaan en die waarheid sal verkondig....

So het ons elkeen ons eie gees in ons. 
Ons gees wat alles van ons weet. 
Daar is niemand wat al die waarheid in ons lewens so goed ken soos ons eie gees nie. 
Ons gees weet van.....
.... die dinge waarmee ons sukkel. 
.... daai goedjies wat ons so diep in die donkerte wegpak. 
.... die angs wat ons het as dit dalk eendag gaan uitglip. 
Maar ons gees weet ook van dit wat vir ons lekker is. 
Dit wat vrede bring, dit wat vir ons rus bring. 
Ja, ons gees maak alles saam met ons mee en weet van elke krieseltjie van ons lewe. 
Niemand weet wat binne-in jou omgaan behalwe jou gees nie.

Net so het God ook ’n Gees wat presies weet wie God is en waarvoor Hy staan. 
Ons noem Hom die Heilige Gees. 
Hy weet presies .....
......wat in God se hart aangaan. 
...... dat God die mense verskriklik liefhet. 
Hy was by toe God en Jesus planne gemaak het om die mense te red van die verlore pad waarop hulle was. 
Hy was by....
.... toe Jesus aan die kruis gespyker is en sy laaste asem uitgeblaas het. 
.... toe Jesus opgevaar het na die hemel en aan God se regterhand gaan sit het. 
.... waar die mense in God se hofsaal instap en waar die een na die ander se straf sommer net weggeneem word. 
Die Heilige Gees weet alles van God af: 
1 Kor 2:10... Die Heilige Gees weet alles, tot alles wat in God se diepste gedagtes aangaan. 11... Net so weet niemand wat binne-in God omgaan behalwe God se Gees nie.

En God het sy Heilige Gees vir elkeen van ons wat in Hom glo, gegee. 
God het geweet dat ons gaan sukkel om te verstaan. 
Vir die mens is dit nie maklik om dinge wat nie in sy ervaringsveld is, te begryp nie. 
Daarom het God ’n plan gemaak: Hy skenk ons sy Gees om ons te help om Hom te verstaan
Juis hierdie Gees het God vir ons gegee. 
Hy het nie sommer ’n gewone gees vir ons gegee wat niks van Hom af weet nie. 
Omdat ons God se Gees in ons het, kan ons presies begryp wat God so onverdiend vir ons gegee het. 
Die Gees vertel ons immers daarvan....

Dit wys ons net nog ’n stuk van God se hart. 
God is darem anders....! 
Waar sal ’n mens ’n god kry wat bereid is om sy Gees te skenk vir sy kinders? 
Wel, ons God doen dit. 
Ons God wil nie hê dat ons in die duister moet rondval omdat ons Hom nie ken nie. 
Nee, God wil hê dat ons Hom moet ken. 
'Kennis' is so belangrik vir ’n goeie verhouding. 
Hoe kan ek aan my verhouding met iemand werk as ek hom of haar nie ken nie? 
God weet dit...... 
Daarom maak hy ’n plan en stuur sy Gees om in elkeen wat Hom aangeneem het, te woon.

Nou kan ons God ten volle ken. 
Ons moet vir God ruimte in ons lewe gee en toelaat dat sy Gees hoorbaar in ons binneste werk.

Mag dit elke dag, wel so wees in hierdie 'tydelik-aardse' lewe.......

Shalom & Maranatha


No comments: