Dis Kersfees ....... & 'n tyd waar veral 'enkelmense' baie Godverlaat-alleenheid ervaar...
Johnny Lee skryf ’n liedjie oor
sy soektog na liefde:
I’ve spent a lifetime looking
for you
Single bars and good time
lovers, never true
Playing a fools game, hoping
to win
Telling those sweet lies and
losing again.
Elke mens op aarde soek een of
ander tyd in sy lewe na liefde.
Die mens is so gemaak.
Ons elkeen soek op die ou
end ’n plekkie van 'behoort' en ons sal dit soek totdat ons dink ons het dit gekry.... & aanhou soek, tot die 'perde horings kry'
Die groot
probleem is dat ons baie keer op verkeerde plekke of vir verkeerde dinge soek.
En die wêreld help ons
nie eintlik in die regte rigting nie !
Hulle gooi mooi prentjies van groot huise,
blink klere, rooi karre en wat nog voor as die ultimate geluk. En tog,
as jy die mense vra wat reeds al die goedjies het, (en eerlik, -te midde van hulle 'sukses' perspektief steeds bykans kan behou,) - sal hulle 1e wees om te erken, -dat
die 'goedjies' niks uit te waai het met ware geluk nie.........!
In die koor van Johnny se liedjie
soek hy nog steeds:
I was looking for love in all the
wrong places
Looking for love in too many
faces
Searching your eyes, looking for
traces
Of what.. I’m dreaming
of...
Hopin’ to find a friend and a
lover
God bless the day I
discover
Another heart, lookin’ for
love
Die wanopvattings jeens 'waar om ondefineerde geluk' na te jaag, se gevolg is, dat hulle 'verkeerde geluk' (alias 'ongeluk') kry.
Plastiese geluk.
Geluk wat nie lank
hou nie.
Geluk wat opraak.
Geluk wat jou na ’n tyd......... baie alleen
los.
Dalk het jy al deur sulke momente
in jou lewe gestap waar jy op verkeerde plekke & in verkeerde dinge & opvattings, -gesoek het na ware geluk.
Dalk is
jy nou daar........ & jy sukkel om uit te kom.
Miskien het dit nou tyd geword, -om weg te
stap en na geluk in 'n ander 'formaat' te soek.
En ek weet van ’n plek....
Dawid vertel
vir ons mooi in die Psalms waar ware geluk is:
7...“Gelukkig is almal
wie se oortredings vergewe is en wie se sondes skoongevee is. 8 Gelukkig is
elkeen van wie se sondes God nie langer boekhou
nie.”
Ware geluk lê in n intieme verhouding met die Lewende God, Jesus Christus !
God kom met
’n groot uitveër en vee elke liewe stuk sonde uit ons lewe.
Die boekie waarin al
ons sondes opgeskryf word, se bladsye word een vir een uitgeskeur en in die vuur
verbrand.
Wanneer jy terugdink aan al die kere toe jy in die strik van die sonde
getrap het en wanneer jy verstaan wat God vir jou gedoen het en dat Hy dit alles
eensklaps kom uitvee het, word jy oorval deur geluk ("Joy")
Slegs, dan (in retrospek), weet jy dat jy nou op
die regte plek & by die regte Een, liefde en geluk gesoek het en dit uiteindelik gevind
het.
Beteken dit nou dat al die
kontantvloei-, huweliks- of verhoudingsprobleme of met watter issue jy
ookal worstel, môre net soos mis voor die son sal verdwyn?
Nee, nie noodwendig
nie.........
Wat dit wel beteken is dat jy ’n
stuk van die bagasie wat jy so swaar saam met jou sleep, vir altyd kan los by
God.
Dit is God se werk waar Hy met die groot uitveër in die hand staan, -nie joune nie.
Jy is NIE God nie...!
Jy is NIE God nie...!
Met die
wete dat jou plekkie in die hemel vir jou klaar reggemaak is daarby, begin ware
geluk sy woonplekkie in jou lewe kry.
Nou weet jy dat jou verhouding met God
weer reg is en jy kan hierdie oënskynlike onoplosbare issues na God
neem en saam kan julle daaraan werk.
Hand aan hand...
En ek weet en glo met my
hele hart dat by hierdie 'ruspunt'/ "milestone", meer geluk oor ons mildellik, sal stroom........
Shalom & Maranatha
1 comment:
Thank you. Beautifully written.
Post a Comment