Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, December 25, 2013

Is Geluk.. Liefde?


Dis Kersfees ....... & 'n tyd waar veral 'enkelmense' baie Godverlaat-alleenheid ervaar...

Johnny Lee skryf ’n liedjie oor sy soektog na liefde:
I’ve spent a lifetime looking for you
Single bars and good time lovers, never true
Playing a fools game, hoping to win
Telling those sweet lies and losing again.

Elke mens op aarde soek een of ander tyd in sy lewe na liefde. 
Die mens is so gemaak. 
Ons elkeen soek op die ou end ’n plekkie van 'behoort' en ons sal dit soek totdat ons dink ons het dit gekry.... & aanhou soek, tot die 'perde horings kry'
Die groot probleem is dat ons baie keer op verkeerde plekke of vir verkeerde dinge soek. 
En die wêreld help ons nie eintlik in die regte rigting nie !
Hulle gooi mooi prentjies van groot huise, blink klere, rooi karre en wat nog voor as die ultimate geluk. En tog, as jy die mense vra wat reeds al die goedjies het, (en eerlik, -te midde van hulle 'sukses' perspektief steeds bykans kan behou,) - sal hulle 1e wees om te erken, -dat die 'goedjies' niks uit te waai het met ware geluk nie.........!

In die koor van Johnny se liedjie soek hy nog steeds:
I was looking for love in all the wrong places
Looking for love in too many faces
Searching your eyes, looking for traces
Of what.. I’m dreaming of...
Hopin’ to find a friend and a lover
God bless the day I discover
Another heart, lookin’ for love

Die wanopvattings jeens 'waar om ondefineerde geluk' na te jaag, se gevolg is, dat hulle 'verkeerde geluk' (alias 'ongeluk') kry. 
Plastiese geluk. 
Geluk wat nie lank hou nie. 
Geluk wat opraak. 
Geluk wat jou na ’n tyd......... baie alleen los.

Dalk het jy al deur sulke momente in jou lewe gestap waar jy op verkeerde plekke & in verkeerde dinge & opvattings, -gesoek het na ware geluk. 
Dalk is jy nou daar........ & jy sukkel om uit te kom. 
Miskien het dit nou tyd geword, -om weg te stap en na geluk in 'n ander 'formaat'  te soek. 
En ek weet van ’n plek....

 Dawid vertel vir ons mooi in die Psalms waar ware geluk is:
 7...“Gelukkig is almal wie se oortredings vergewe is en wie se sondes skoongevee is. 8 Gelukkig is elkeen van wie se sondes God nie langer boekhou nie.”

Ware geluk lê in n intieme verhouding met die Lewende God, Jesus Christus !
God kom met ’n groot uitveër en vee elke liewe stuk sonde uit ons lewe.
 Die boekie waarin al ons sondes opgeskryf word, se bladsye word een vir een uitgeskeur en in die vuur verbrand. 
Wanneer jy terugdink aan al die kere toe jy in die strik van die sonde getrap het en wanneer jy verstaan wat God vir jou gedoen het en dat Hy dit alles eensklaps kom uitvee het, word jy oorval deur geluk ("Joy")
Slegs, dan (in retrospek), weet jy dat jy nou op die regte plek & by die regte Een, liefde en geluk gesoek het en dit uiteindelik gevind het.

Beteken dit nou dat al die kontantvloei-, huweliks- of verhoudingsprobleme of met watter issue jy ookal worstel, môre net soos mis voor die son sal verdwyn? 
Nee, nie noodwendig nie.........

Wat dit wel beteken is dat jy ’n stuk van die bagasie wat jy so swaar saam met jou sleep, vir altyd kan los by God. 
Dit is God se werk waar Hy met die groot uitveër in die hand staan, -nie joune nie.
Jy is NIE God nie...!

Met die wete dat jou plekkie in die hemel vir jou klaar reggemaak is daarby, begin ware geluk sy woonplekkie in jou lewe kry. 

Nou weet jy dat jou verhouding met God weer reg is en jy kan hierdie oënskynlike onoplosbare issues na God neem en saam kan julle daaraan werk. 
Hand aan hand... 
En ek weet en glo met my hele hart dat by hierdie 'ruspunt'/ "milestone", meer geluk oor ons mildellik, sal stroom........

Shalom & Maranatha

1 comment:

Anonymous said...

Thank you. Beautifully written.