Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Monday, October 14, 2013

Geloof ....is 'n werkwoord, van daadwerklike Aksie !


God se liefde vir die mens het maksimum effek op die mens wanneer dit deur gehoorsame liefde van mense teenoor andere beantwoord word … 
Dit gebeur wanneer God in jou belydenis en leefstyl al hoe meer sigbaar word.......!

Mense wat werklik in oortuiging glo, behoort só te leef dat ander mense wat na hulle optrede kyk, baie goed sal kan sien dat hulle Christene is. 
As ons in Jesus se spore loop, vra dit van ons om te leef soos Hy geleef het; om dié dinge te doen wat Hy gedoen het.

As jy nie seker is hoe Jesus geleef het nie........., -kan jy weer ’n slag die vier Evangelies deeglik gaan lees. 
Terwyl Jesus op aarde was, was Hy gedurig besig om lief te hê, om ander te help, om siekes te genees, om honger mense kos te gee en moedelose mense moed in te praat. 
Hy was gewillig om te dien, om dié dinge te doen waarvan óns wegskram, om ander mense se voete te was. 

As jy erns wil maak met jou eie geloof, is dit soos jy jou geloof behoort uit te leef: jy moet Jesus sigbaar maak deur jou leefstyl, deur jou liefde vir ander in die daaglikse realiteit van die lewe, -uit te leef !

Shalom .... & Maranatha

No comments: