Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Friday, September 06, 2013

Jonk wees....


Ouderdom is nie gesetel in die aantal jare wat 'n mens met tyd versamel nie.....

Jy's oud die dag wanneer jy ophou om jou Drome na te jaag & Ideaalloos gevolglik as mens beginne kwyn...
Ons vel kry met die tyd plooie, -dog ons siel kry figuurlike plooie wanneer ons ons ingebore entoesiasme oor die Lewe,  verloor.

Dis nie die jare wat ons sover geleef het, wat ons 'groei in menswees' laat te verdor nie.
Dis die bekommernisse, onsekerhede & wanhoop,  -(waarmee ons in elkgeval 'niks' mee bereik), wat vertroue in ons eie kwaliteite ondermyn, &  ons soveel skade oor die jare berokken !

Ons kan tereg se......... ons is jonkheid van gees is direk eweredig aan ons Geloof & Hoop in die Lewe as sulks, -& Geloof 'n Lewende God. 
Ons oudheid is 'n funksie van ons twyfel & wanhoop vanwee 'n gebrek aan diesulke Geloof.

Solank as wat ons sintuie ons nog herinner aan die Wonder van die Lewe & ons sprakeloos laat oor die Grootsheid van 'n Lewende God se Skepping, -solank is jy nog Lewend!
Net om asem te haal, alleen -konstateer NIE die feit dat jy waarlik nog lewend is nie.....
Vele mense, helfte jou ouderdom, haal asem maar is lewend-dood & hoef net om te val.
Lewendes van gees is entoesiasties oor elke asemteug, gesonheid, elke dag, -& besef uiteindelik dit gaan om ............aan die God van Hemel & Aarde ( wyl lewend as mens), Eer aan te bewys......

Enkele Feite rondom die mens se 'niksseggende' kleinheid vergeleke met Grootsheid van 'n Lewende God se Skepping....... :
* Die son se warmte (lig) vat 8 minute om die aarde te bereik & jou die warmte daarvan te laat voel....94 Miljoen myl vanaf die son.
* Lig trek teen 186,000 meter per sekonde 
* Die son is so groot soos 333 aardes.
* Die son is maar een van duisende 'normale groote' sterre in ons melkweg
* Die Melkweg warin ons sterrestelsel hom bevind is 100,000 ligjare breed. 
(Dit is wanneer lig teen 186,000 m/s vir 100,000 jaar van een punt tot 'n ander sou beweeg)
* Die naaste ander melkweg is etlike miljoen ligjare vanaf ons melkweg........

Miskien is 'ouderdom / jonkheid' soveel meer 'relatief' 'n funksie van 'nou', -gesien in die lig van bostaande feite..!

Shalom & Maranatha

No comments: