Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, April 24, 2013

Mymering........... / Meditation...........

"We tend to use a cry-out as a last resort........."
We cry-out / pray when there's nothing else we can do.......,
But God wants us too Pray BEFORE we do ANYTHING, at all !


A prayer-of-urgency to God,
God wants it to be our 1st Line of Defence!

Most of us would prefer, however, to spent our time doing something that will get us immediate results.
We don't want to wait for God to resolve matters in His good time, -because His idea of 'good time' is seldom in sync with ours.........


Desnieteenstaande, vir die Gelowige is Gebed integraal tot daaglikse oorlewing & derhalwe van kardinale belang.

Deur te bid, erken 'n  mens in nederigheid, -afhanklikheid van 'Iets of Iemand' groter as hom/haarself. 

Daardeur roep hulle tot hulle God – die God op wie hulle vertrou en van wie hulle glo dat Hy sal sorg, dat Hy hulle van dag tot dag SAL dra & voorsien......

In dié sin is gebed ook 'n onuitputlike Bron van sekuriteit; 'n manier waarop ons ons diepliggende angs en onsekerheid oor die lewe, veral die eensaamheid, -waarmee almal leef en eendag gaan sterf, kan besweer.......

Die gevoel van geborgenheid, ook van selfwaarde wat Gebed inherent meebring, word vraend uitgedruk met die volgende:

Hoe oorleef mens die grys dae & hulle langsame sloping?
Hoe waad jy deur waters van kwynende middels-van-oorlewing, wat siedend bly styg,
.....sonder om elke oggend vroeg éérs die vensters na die hemel oop te beur -
& dan daarná in 'n spieël te kyk en soos 'n Haydn te wil jubel:

Met waardigheid en hoogheid beklee,
vol moedige krag en skoonheid,
teen die hemel trots,
staan die méns.... 
-vanwee die Liefde van Jesus Christus
Ons het hierdie sekerheid nodig. 

En gebed – nét die Gód tot wie ons bid, 
- die God vergestalt in die Heilige Gees, Een-in persoon met  Jesus Christus, kan dít vir ons gee...!

Shalom & Maranatha

No comments: