Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, February 06, 2013

Tussen Twywel & Geloof..?


Johannes die doper het sy hele lewe vir God opgeoffer, maar sit nou as gevolg hiervan in die tronk.......... 

Hy het nie ’n probleem daarmee nie, maar terwyl hy so in die tronk sit, wonder hy tog of dit alles die moeite werd is. 
Die vrae het al hoe meer geword en op ’n manier pak ’n ligte vrees hom vas. 
Sê nou maar net Jesus was nie die regte ene nie. 
Ja, dalk was hy die regtig Jesus, maar hoekom sit hy dan nou in die tronk? 
Hoekom is die wêreld nie veel anders nie? 
Is dit die regte Jesus vir wie hy sy lewe opgeoffer het en vir wie hy nou in die tronk sit?

Ons sou presies dieselfde gedoen het.....
Ons is mos maar ook net mens en die mens maak so. 
Sodra dit net effe moeilik gaan, begin die saadjie van onsekerheid ontkiem!

Daarom stuur Johannes van sy volgelinge na Jesus: 
”Is U regtig die Messias op wie ons gewag het?” vra hulle.
 “Sê ons asseblief eerlik. Ons wil nie ’n fout maak en dalk vir ’n verkeerde een wag nie."
Sien jy die onsekerheid in Johannes en sy volgelinge raak? 
Op ’n manier wil ons eintlik vir Johannes daar in die tronk gaan wakker maak en sê:
"Ai toggie Oom Johannes........
Was jy dan nie die een wat vir Jesus gedoop het nie? 
Ja, eers wou jy nie, want jy het te klein gevoel vir die groot taak.
 Was jy dan nie by toe die Gees van God soos ’n duif uit die hemel neergedaal het en op Jesus se skouer kom sit het nie?
Het jy dan nie gehoor hoe God uit die hemel roep en sê dat dit sy Seun is en vir die mense nog baie vreugde gaan bring nie?"
 Johannes, het die vergeetagtigheid al só gou ingeskop?

Nee, hierdie Johannes is maar net mens. 
Hoeveel keer het ons sélf nie al aan die twyfel gegaan en gewonder of ons nie die pot mis sit nie?

Jare gelede het ek 'n klein boekie gehad, geskryf deur Ferdinand Deist : 'Tussen Angs & Sekerheid' Iemand het my van die kleinnood ontneem, dog die waarheid jeens die Sekerheid by Jesus se voete bly my desondanks die vergange jare my steeds by.......



Jesus antwoord nie net ’n "ja" op ons twyfel & ongeloof nie, maar hoor hier wat antwoord Hy vir Johannes se manne en vir ons: 
... “Luister na my preke en kyk wat Ek alles doen. 
Gaan dan na Johannes toe en vertel hom: Mense wat nie kon sien nie, sien nou weer; mense wat nooit kon loop nie, stap nou tussen ons rond; mense wat uit die dorpe gejaag is omdat hulle melaats was, staan nou weer in die tempel, heeltemal gesond; dowes hoor; mense wat dood was, leef en mense op wie almal neersien, hoor nou skielik dat hulle vir God baie besonders is..."

Wat sê jy nou Johannes? 
Eintlik voel ek saam met Johannes skaam. 
Hoe kan ons tog so maklik twyfel? 
Kyk net watter ongelooflike groot dade het Hy hier op aarde aangevang. 
Dit was so! 
Dis nie stories wat opgemaak is nie. 
Die stories van Jesus en alles wat Hy hier gedoen het, is met die jare van geslag tot geslag oorgedra. 
Jesus het mense gesond gemaak, blindes laat sien, dowes laat hoor, lammes laat hop en spring, vernederdes laat hoog staan en selfs die dooies wakker gemaak. 
Have a heart....! 
Wat moet Jesus nóg doen sodat ons mense tog in Hom sal glo?

Johannes het seker dadelik op sy bankie in die tronk gaan sit en saggies gebid. 
Verskoning gemaak vir sy twyfel en ongelowigheid, maar ek weet dit was nie lank nie, toe verval hy in lofprysing aan God, omdat Hy so goed is, omdat Hy sy belofte gehou het en die reddingsplan vír al die mense hier op aarde én ten spyte van hulle nog steeds uitgerol het.
Dan val ek ook in my skuld van ongeloof en twyfel en vra ek ook vir God om verskoning vir die stuk mensheid in my wat pad af is. 
En as ek hier opstaan, staan ek verder verbaas deur die magdom van mense wat hierdie Jesus net miskyk en ignoreer en vêrder in die wêreld rondploeter. 
Dan wil ek aan die huil gaan........ 
Nee, eintlik wil ek die dorp inhol en kliphard uitskree: "Boys, word wakker!"
Jesus is ’n werklikheid! 
Hy was en is hier! 
Hy het en maak nog steeds mense gesond.
Hy het en red vandag nog mense. 
Komaan, kan julle dit dan nie sien nie?

En dan sluit Jesus die gesprek af: 
”Gelukkig is hy wat nie begin twyfel of Ek regtig die Messias is nie.” 

Wat meer kan ek dan nou sê? Lyk jou lewe ook...... of jy glo in Jesus? 
Hoe kan jy dit anders maak?

Shalom & Maranatha..!

No comments: