Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Thursday, November 22, 2012

Relationships .......that (might) Last, Eternally !


God se plan vir jou lewe vereis altyd dat jy verhoudings met die 'regte' mense bou.

Om dit reg te kry, moet jy hierdie mense kan 'identifiseer' (met 'n Gees van Onderskeiding), & saam met hulle konstruktief werk aan 'n verhouding wat beide sou 'begeer' 


Onthou jy vir ..........
Jonathan, wat Dawid liefgehad selfs ten koste van sy eie lewe? 
Of Rut,.......... wat haar weduwee-skoonma Naomi liefgehad het en haar 'n rede gegee het om aan te gaan met haar lewe? 

God sou NIE sê, "Dit is nie goed dat die mens alleen is nie," ..... & dan vir jou sê jy moet alles alleen doen nie!

Daar mag egter 'historiese gebeurtenisse' in jou lewe wees wat eers moet genees voordat jy suksesvolle toekomstige verhoudings kan hê...... 
Laat God dus toe om aan jou te werk ten einde 'interne' genesing van jou 'gees' so teweeg te bring.
'n "Paradigm-Shift" & gesindheidsverandering is vele keer ook deel van diesodanige 'herorienterings-proses'

Wanneer jy reg is,(in Sy tyd),-sal Hy die nodige 'bekendstellings' doen. 
Intussen kan jy Hom beter leer ken...... 
Intiem-belewe op 'n Perssonlike vlak in jou 'Woestyn-tyd' 
Maak Sy Opinie ...........die Bron van jou selfbeeld. 
As die 'trauma' van jou laaste gebroke verhouding jou selfbeeld geknak en geestelik gedreineer of selfs sou laat moed vir die lewe laat verloor het, gebruik die tyd, vrugbaar, om in Sy 'Helende Lig' te kan herstel! 

Jy mag dalk nooit weer so 'n Gulde Geleentheid hê nie....? 

Begin ook om 'onbaatsugtig' te begin lief hê soos God liefhet..... & 'n gees van "Generosity" te ontwikkel, wat integraal deel is van enige 'suksesvolle langtermyn' verhouding.

God weet waar is jou foute, hanteer jou SONDER verwerping & het jou nog steeds lief ten spyte daarvan. 
Dit behoort jou ook te help om nie iemand sommer net weg te gooi omdat hulle 'n fout gemaak het of nie meer aan jou nuutgevonde standaarde sou voldoen nie.... 
Jy gaan nie van jou motor ontslae raak oor een foutiewe onderdeel nie........? 
Hoe sou jy gevoel het as God jou vergewe het nes jy ander vergewe? 

Ons is in elkgeval net vir mekaar 'geleen'
Laat ons ten volle 'werk maak' van die tyd wat ons tot ons beskikking het, om vir mekaar & ander, tot Seen te mag wees; nie uit 'n 'misbruik' oogpunt nie, maar uit 'n oogpunt van 'Jesus se Voorbeelde', van 'Optimale Lewensdoel & potensiaal bereiking', -wat Hy uit vele hoeke vir ons as riglyne aandui deur Sy Woord & met Hulp van die Heilige Gees.....

Laat God toe om ons te leer hoe om Blywende, Verhoudings, -gerig op die Ewigheid, te bou...!

Shalom ... & Maranatha

1 comment:

VK said...

Praat van geseënd wees! Dankie vir jou gedagtes en dankie dat ek jou ken!VK