Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Saturday, August 18, 2012

Versoeking.............!


Matteus is nie baie gepla oor Jesus se grootword dae nie en na die uitstorting van die Heilige Gees, begin hy weer by Jesus wat as volwassene deur die Heilige Gees in die woestyn ingelei word. 
Matt 4:1 Kort na sy doop het die Heilige Gees Jesus na die woestyn toe laat gaan. 
Daar moes Hy deur die duiwel op die proef gestel word. 
Selfs die heilige Jesus word op die proef gestel. 
Ja, die duiwel het nie net geen lui hare op sy kop nie, maar hy het ook geen bang hare nie. 
Hy sien selfs kans vir Jesus Christus en try sy luck met hom. 
God laat dit toe, want Jesus moet aan die een kant ook ervaar wat dit is om getoets te word, maar aan die ander kant moet Hy self ook die toets deurstaan. 
Met vlieënde vaandels het Hy egter die toets geslaag .........
..............So kan ons ook, -met/deur die Hulp van  God-3-in-1 : Die Heilige Gees

Wanneer ‘n mens onder 'druk' verkeer in enige situasie (ingesluit verhoudings), dan sluip daar gou foute in.
 En dan druk dit jou van alle kante dat die stress /spanning jou wil laat ontspoor. 
Gou roep ‘n mens dan na God, ja, ek het myself ‘n paar keer dit gevang doen, en vra hoekom die swaar? 
Hoekom word ek tog so getempteer? 
Hoekom kom bail Hy ons nie uit die verknorsing uit nie? 
En dan begin jy te twyfel en wonder of God nog daar is en dan kom trek die-bid-teen-die-dak-vas fenomeen eers weer daar by jou in jou alleenigheid in. 
En dan begin mens te wonder of ek op die regte plek is…

Dit is nie maklik om so te stoei nie, veral as dit voel dat jou "joy" gesteel word. 
Toe bel iemand om net die volgende vir my te sê. 
Hy sê toe dat ek moet onthou dat God my daar waar ek is geroep het.
 Ja, ongelukkig kan hy nie vir my sê dit gaan net afdraandes wees wat voorlê nie. 
En ek moet onthou dat daar waar iemand vir die Here opstaan, gaan die duiwel kom skoorsoek. 
Hy sluit af deur te sê dat ek deur al die baie letterlike stowwerigheid & figuurlike stofwolke wat so een na die ander oor ons aangerol kom aan God moet vashou. 
Hy SAL ons deur alles lei. 
Toe ek die telefoon neersit, spoel daar ‘n stuk kalmte deur my. 
Ek besef dat ek voortdurend op die proef gestel sal word om seker te maak ek dat ek op God sal bly vertrou en dat ek nie van God se pad af sal foeter nie.
En op ’n manier oorvleuel Jesus se storie en die storie met mekaar. 
Wanneer jy vir God opstaan, sal jy getimmer word – dit is ’n feit soos ’n koei. 
Die Heilige Gees het nét op Jesus neergedaal, toe val die vet in die vuur. 
Toe besef die duiwel hier kom ’n ding en takel vir Jesus met slinkse leë drome in die woestyn. 
En jammer om die bubble vir jou te bars, maar as jy ’n kind van God is, is dit ook jou voorland.
 Jy sal ’n paar toetse in die lewe moet slaag. 
En dit is beslis nie maklik nie. 
Vir seker sal jy soos ek die afgelope tyd ook weer jou speelgoed uit die kot gooi en met arms op na die hemele uitroep: 
Here ek kan nie meer nie. 
Nou is dit net te veel. 
Dit is ‘n gegewe. 
Kies vir God en jy kies vir ’n paar groot toetse in jou lewe.

Gelukkig is hier darem groot vertroosting: Jesus ken van en die Gees is by ons. 
Ja, Jesus moes self ’n 40 dae worsteling in die woestyn deurgaan. 
Dit was nie maklik nie. 
Onthou, Jesus se hongerpyne is nie onderdruk deur die engele nie. 
Vir veertig dae moes hy sonder kos en vra my, ek weet wat dit is, want my pens is te groot en ek wil gewig verloor. 
Weet jy hoe swaar is dit om net minder te eet, wat nog te sê om vir 40 dae sonder kos te wees? 
Ek weet dit is soms ondraaglik daar in die woestyn, maar weet tog dat Jesus weet hoe dit voel en dan die baie goeie nuus: 
Jy is nie alleen nie. 
God is by jou! 
Sy Heilige Gees stap elke tree saam met jou! 
Hy staan jou by. 
Hy sal jou help om die regte besluite te neem en wanneer dit naby oorgee punt is, sal hy jou optel en weg van die afgrond dra.

Knyp daarom jou oë toe & glo met jou hele hart dat die Heilige Gees jou sal help en weet dat Jesus verstaan, want Hy was immers ook in die woestyn....

Shalom ...............ook vir jou & bly vasklou daaraan : 
Maranatha "Ja Here .......kom gou !"

No comments: