Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Saturday, February 11, 2012

Death ! / Die Dood !

"Die dood is vernietig,
die oorwinning is behaal."
"Dood, waar is jou oorwinning?
dood, waar is jou angel?"
1Kor 15:56
Slegs maar  2 weke........ na die afsterwe van sy Geliefde ...Bessie....,
Het ook hy, forse man van weleer gese: " Ek gaan nou.... en sy laaste asem uitgeblaas"


Die dood was ook in die geval van Wouter de Vos De Wet, nie die afskakeling van die 'Lig' nie; 
dit was maar net die uitblaas van die 'aardse lamp' omdat die 'Dag gebreek' het.....!
Ek Geloofd dat ook vir hom, dit 'n geval was, van waar  ......
Uit-Eindelike Rus 
(nes innie Bybel, gesinspeel is,)
 na baie jare se geswoeg,
is werklik, -uitmuntend 'sag'.
Sy Lewens-kersvlam het gegroei , gekrimp-gegroei, 
& plotseling net ge-'dooi',
toe sy siel & gees met Hom-in-Gees, 
Hemels, in 'nouse' Ewige Onbevangendheid...
Een-kon-wees                                          (HJ:20120211)


Toentertyd, was ook hy, patrigiaal, raadgewer & steunpilaar vir sy ' dan-gesin'. 
Nou, -net 'n tere herinnering van weleer; van wat was; want alles is inderwaarheid tog maar deurweek van 0nmiskenbare Sterflikheid....
Die afwesigheid van 'iemand van waarde' sĂȘ dikwels aan ons, -hoe dierbaar iemand se lewe vir ons waarlik is/was. 
Ook ekke, het vele keer slegs maar 'n suiwere intensie gehad, -in dit wat baie keer, onafgerond & sonder die nodige  finesse & sensitiwiteit, op die man af, on-serimonieel, aan andere (onskuldig) meegedeel & op tone getrap.
Ek WEET, baie van die seerkry, van dit, wat andere, so onverdiend van mense soos ek beleef het, -was tog nooit SO bedoeld.....
Wat ons egter versuim het, om vir mekaar te se in die lewe, -lees ons egter maar te dikwels slegs maar gedeeltelik van op grafstene...... post mortem.
Elke oomblik sterf daar 'n mense-persoon; 'n 'iemand' wat tog erens 'n ander iemand gehad het wat Lief vir hom/haar was.... 
'n Iemand, wat 'n ander mens nooit weer sal sien nie..... 
Laat ons egter vandag, 'vergewe' & regmaak, van dit wat nie mag wag, tot 'n ander dag....
Mense, dinge, verhoudings, gaan rondom ons elke dag dood, maklik & ongesiens, nes ons ewe maklik, aldag sou asemhaal.......


Die Dood klop sonder kennisgewing, onderskeid of seremonie aan die 'hutte van die armes' & die 'kastele van konings'.
Arm of ryk, die dood maak almal gelyk.....
Die dood is van alle ontydige 'besoekers' die mees aangekondigde en die mins-verwagte...
Laat ons dan derhalwe nooit vergeet...
" Die grassaad sal nog buig,
die beeste bulk, 
die lewe roep,
maar jy?
Hier waar jy was, sal skape wei...."
Watter pyn,watter verlange, vorm my ten goede of verslyt my ten kwade vir 'n Ewigheid wat wag ?
In die doderyk waarheen elk van ons op pad is, is daar nie werk of insig of kennis of wysheid nie.
Al wat ek eendag saam met my kan vat, is egter maar dit wat ek hier op aarde weggegee het ... !

Baie mense, van ieder-stand,
 is lankal reeds, in waarlik 'mens-wees' dood; 
voordat hulle .......ooit rerig kan/kon Lewe....
Veel van hulle het 'iets' gemis,
 in die ......raakvat-doen;
 .....die tot uitvoer bring 
van die Lewensresep-om-waarlik-te-'kan&mag' Lewe,
 elke dag,
 aldag lank.
Die gejaag na 'tydlike wind'
 & vergeefse soeke na 'dit' wat hierdie keer, 
my 'gelukkig sal maak', 
is geseteld in 'fluff ' 
& 'n eindelose herhaling van 'stert-jaag-rondomtalie' 
...in vergeteldheid.                                 (HJ: 20120211)

Enige Hoop ? /Oplossing...!
As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in ?  
Joh 12:24

'n Daaglikse Lewe van "Gratitude"
Ja, vergenoegdheid & Dankbaarheid-innie-kleine, 
Dit alleen-al is 'n Belydenis in Ootmoed van die onverdiende Seen wat so in Oormaat in ons skoot val.
Om derhalwe ondankbaar & klaend dood te gaan, is geen kuns nie: die slegste kry dit reg. 
Om in 'Dankbaarheid' ten volle te kan lewe is egter 'n kuns: die beste kry dit nie goed reg nie...!
Truly understanding the power of Living a Life of Gratitude, -can change your Life forever !
Every Season bring its own unique Blessings......"
Life's events & experiences are like the 'weather'.
It comes & go without respect of my preference. 
Vat derhalwe slegs dit wat ' positief ' is, -uit dit wat ookal na jou kant toe mag kom, &  " embrace the 'paradigm' of  ALWAYS turning lemon's into lemonade, ALWAYS with an attitude of child-like enthusiasm!
..... & while busy at it.........you can just as well ENJOY it...!
..... & wees  (sonder uitsondering) IN ALLES dankbaar......" staan daar Geskryf........


Mag elk van ons van Jesus-persoonlik leer, 'hoe' om waarlik TEN VOLLE te Lewe, 
en 'n nog harder les: hoe om in Christus (sonder vrees) te kan Sterwe....!

Elkeen sal ALLEEN sterf......
Elke mens 'verwerf' sy eigene dood
die dood wat alleen joune is en niemand anders s'n nie.

'n Eerbare dood is by verre beter as 'n oneerbare lewe van uitbuiting et.al. van andere
Laat ek dan leef met my oog op die Ewigheid - 'gedagvaar' deur die dood.....
Met as uiteindelike 'Vonnis'
Die Ewige Lewe, of andersyds dan.....
Verdoemd tot die Ewige dood.                          (HJ: 20120211)


Shalom....

No comments: