Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Saturday, November 12, 2011

In 'n Neutedop : Die Wonderwerk "Miracle".......... van Genade "Grace & Mercy" !

Paulus gee ons ‘n kykie in sy lewe vóór hy (Paulus),  Jesus (God) ontmoet het.....
 
......Vroeër het ons ook in dwaasheid geleef. 
Ons het ons glad nie aan God gesteur nie. 
Ons was op die verkeerde pad. 
Die sonde was ons baas. 
Ons kon eenvoudig nie genoeg daarvan kry nie. 
Die een afstootlike sonde na die ander was ons kos. 
Seksuele begeertes het ons vernietig. 
Haat en geweld was ons meester. 
Ons het ander mense niks gegun nie......... (Tit.3)
Nie ‘n baie mooi prentjie nie, nè...... 
Nie baie mooi mense nie, nè.... 

Sien / Lees jy die woord "Liar" wat die lyne van die gesig ....uitmaak ? Kyk mooi......!

Dit is eintlik grillerig om te dink waarby al die mense betrokke was. 
Hulle het met hulle groot voete deur die lewe gestap en alles wat God bedoel het om mooi te wees, afgebreek en plat getrap....  
(Die Huwelik is 'n klassieke voorbeeld daarvan...!)

Maar miskien moet ons nie te vinnig vingers kom wys nie......! 
Miskien moet ons maar vir eers die klippe los net daar waar hulle lê, want ons almal se huisies is maar van glas en soms steek daar êrens ook iets daarvan uit.

Die mense was op pad na die hel. 
Daar was geen keer en geen salf te smeer nie. 
Selfsugtig het hulle uit die lewe geruk wat vir hul die beste en die lekkerste was en het verder niks omgegee vir ander en vir waar hulle eendag gaan op eindig nie........

(Tipies ! soos ons huwelike/verhoudings vandag nóg daagliks van getuig....)

 Maar toe gebeur daar ‘n wonderwerk: God ons Verlosser het vir ons kom wys hoe lief Hy ons het. 
Sy goedheid was nie lippe taal nie. 
Nee, Hy het ons verlos. 
Hy het dit nie gedoen omdat ons so goed geleef het sodat Hy ons moes verlos nie. 
Nee, Hy het dit gedoen omdat Hy ons baie 'jammer' gekry het. 
Voorwaar ‘n wonderwerk! 
Voorwaar iets wat geen mens kan doen nie.......! 

Dit is net ‘n God wat oorloop van Onvoorwaardelike Liefde wat bereid sal wees om vir sulke klomp gemors Sy Lewe te gee. 
Dit is niks anders as die grootste wonderwerk nog!

God is nie ‘n God van nét Woorde nie. 
God preek nie Sondag na Sondag oor hoe lief Hy sy kinders het nie. 
Hy lê nie die Hebreeuse en ‘n klomp Griekse woorde van liefde uit nie. 
Hy vertel nie mooi stories en belowe hoe Hy eendag iets gaan doen nie. 
Nee, God maak ‘n plan en bring dit tot uitvoering. 
God spring aan die werk en deur Jesus word Sy Plan ‘n werklikheid...!

Wat my kop egter te bowe gaan is dat die mense wat aan die ontvang kant van God se plan sit, nie eintlik daarvoor kwalifiseer nie. ("Mercy") 
Hulle dade diskwalifiseer hulle eintlik heeltemal vir die reddingspoging. En kom ons wees nou maar eerlik. Ons eie dade diskwalifiseer ons eintlik ook om deel uit te maak van die reddingspoging van God. Maar dit is hoekom Paulus dit ‘n wonderwerk noem. Dit is ‘n werk wat bewonder en weer bewonder kan word. Deur die modderige bril van al ons sondes sien God sy geliefde kinders raak en Hy sien ons maak dit nie. Hy sien dat ons dink dat ons geluk en vreugde het, maar eintlik die pot heeltemal mis sit. Hy sien wat ons nie kan sien nie, want ons sondes trek te veel amps. Vertel dit jou nie baie van God nie? God kom maak ‘n stukkie van sy hart oop en wys ons net hoe baie liefde daarin vir ons elkeen is, tenspyte van onselfwers.....
Ons moenie blasé raak hieroor nie.
Ons moet dit nie maar net vanselfsprekend aanvaar omdat ons só in ons ouerhuise groot geword het nie. 
Dit is net genade dat ek en jy gekies is.  ("Grace") 
Dit bly steeds ‘n wonderwerk dat God van sy kant af eerste sy hand na ons uitgesteek het. Daarom moet ons ook soos Hy maak en nie net by die lippe taal bly nie. 
Ons moet ook nie dag vir dag sê hoe pragtig God is en hoe bly ons is dat Hy hierdie bewonderenswaardige verlossingsdaad gedoen het. 

Ja, verseker moet ons nie ophou om ander daarvan te vertel en sy Naam te Eer en groot te maak nie. 
Dit móét egter gepaard gaan met liefdesdade
Nie omdat ek moet betaal vir die gratis hoop genade nie, maar eerder omdat ek nie anders kan nie. 
Ek wil, ek moet, ek kan nie anders nie as om ook te verval in aanmekaar dade van liefde, soos dié wat ek van God af ontvang het!
Hoe anders sal ons wêreld kan lyk as ons almal net een so ‘n daadjie per dag doen? 
Miskien moet ons elkeen ‘n plan maak om bewustelik liefdesdade om ons te saai en nie net daar waar dit maklik is nie, maar ook daar waar ons gril en nie tuis voel nie.

(Sou ons dit wérklik korrek ten uitvoer bring, -sál dit in ons mens-tot-mens verhoudings SIGBAAR & daagliks beleef word; veral tussen man & vrou in die huwelik; ouer & kind' binne die gesin..... 
Beginnende by Gesinne, sal dit die grondslag wees van Gemeenskappe wat 'gesond' is..... !)

Die woorde 'geskei' "being divorced"  ........sal daar nie meer wees nie...
Kinders wat sonder pa's moet grootword & pa's (soos ekke) wat die gemis aan 'saam-grootword & Lewe belééf'' , - daagliks, akúút mis, ...... sal daar nie meer wees nie.
Hoe smag ek nie daarna met my hele hart, siel & verstand nie....!
Mag ek/jy "a Second Chance" daartoe kry........

Dit sal ‘n wonderwerk wees. 
Verseker!

Shalom

No comments: