Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, October 12, 2011

A 'pep-talk' about Lions & such-like horror things ,BUT nevertheless still Hope .... because of PRAYER!

1 Tim 4............   
Dit gaan regtig nie goed met Paulus nie. 


Die winter was hard en Paulus het baie swaar en koud in die tronk gekry. 
Dit is seker hoekom hy vir Timoteus vra om sy jas saam te bring.... ?
Asof dit nie genoeg is nie, laat sy sogenaamde vriende en mede-gelowiges hom in die steek. 
Medegelowiges wat saam met hom die stryd gestry het, wat nou hul rug keer; noudat hul geloof deur ’n warm vuur getoets word; die prys effe te hoog en is dit makliker vir hulle om eerder hul storie om te swaai en sodoende te bly 'lewe'....
Dit maak Paulus moeg....... 
Al die harde (onnodige?) werk. 
Dit het tog gelyk of die mense regtig besef waaroor dit gaan en nou dit. 
Nou draai hulle nie net teen hom nie, maar ook ..........teen God! 
Hier waar Hy in die tronk sit en koud en honger kry, sak sy moed seker tot in sy skoene. Was alles dan verniet? 


Paulus wil amper mismoedig word en tou ingooi, toe hy ’n stukkie van sy eie prediking onthou: 
17Maar die Here het my nie alleen gelos nie. 
Hy was by my en het my krag gegee. 
Daarom kon ek die boodskap van Jesus vir almal vertel en al die nie-Jode kon ook van God hoor. 
En ek is byna deur ’n leeu opgevreet, maar gelukkig is ek betyds gered.
Hoe groot is die leeu wat jou wil opvreet? 

Hoe bang is jy? 
Hoe alleen voel jy? 
Voel jy dit is nou die tyd om dinge finaal te be-eindig? 
Jy het nou al omtrent alles probeer. 
Vir die hoeveelste keer, gryp jy soos ek na strooihalms in die verskiet?

Weet net dat soos Paulus kon getuig dat God daar by hom was, jy ook soos ek sal kan getuig van God wat jou deur die drif in jou lewe gesleep het. 

Ja, verseker sal jy (lewendig) aan die ander kant kan uitkom, want God is daar by jou. 
Hy sal jou nooit alleen laat nie! 
Hy sal jou krag gee! 
En dit is nie ek wat dit sê nie, maar Paulus self en hy praat uit ondervinding. 
Nee, God het nie net daardie tyd gewerk nie, -Hy werk nog steeds elke dag in ons lewe. 
God stap steeds hand aan hand saam met ons, sy kinders. 


Maak nie saak hoe groot die leeu voor in jou pad lyk nie, met God aan jou sy hoef jy nie bang te wees nie. 
Hy weet presies hoe om die leeu te hanteer.
Die leeu gaan egter nie net ewe skielik verdwyn nie. 

Ja, dit kan seker net in die lig, soos mis, verdwyn. 
Maar uit my ervaring weet ek net dat die leeu met sy kwaai lewe-vretende tande, nie sommer net verdwyn nie, maar om een of ander rede kan hy my net nie aanraak nie. Inteendeel op ’n manier draai hy net weg en stap sy eie pad. 
Seker dik gevreet, of is dit omdat hy nie kans gesien het vir die geveg met die 'Persoon' hier langs my nie? 
Te veel kere het hy al die geveg verloor en sien net nie meer kans om weer te verloor nie (die stryd is mos finaal daar aan die kruis besleg!).

Terwyl dit bitter sleg gaan met Paulus, hou hy aan die wete vas dat God by hom is. 

Verseker verstaan hy nie alles nie. 
Verseker weet hy nie hoe om dit alles te interpreteer nie. 
Verseker het hy ook ’n paar keer sy speelgoed uit die kot gegooi, want kyk immers na alles wat hy opgeoffer het ..........vir die Evangelie. 
Kon God darem nie vir hom die kant “ge-cover” het nie?  
Nee, hy hou kop omhoog en glo dat God by hom staan........

Sien jy ook kans vir die leeu, OMDAT Jesus saam met jou stap en skree saam met Paulus vir die wêreld: 

18Die Here sal my beskerm teen elkeen wat my aanval en wil seermaak. 
Ek sal uiteindelik saam met Hom in die hemel wees waar Hy regeer.... 
So sal dit wees.
Met hierdie laaste worde maak Paulus klaar met die brief aan Timoteus. 

Tog is hier nog ’n stukkie seën vir Timoteus en vir ons: 
 22........mag die Here by jou bly en mag Hy baie goed wees vir julle, vêr meer as wat julle verdien!


Lê jouself  derhalwe vandag opnuut voor Jesus neer

Hy ken jou naam, jou lag, jou seer

Hy hou jou vas, wil vertroos

Teen Sy bors druk, en liefkoos


...Hy ken omstandighede, wat jou pla
Hy hou jou hand,
Hy wil jou dra
Hy neem elke Las, kommer, en vrees
Hy het gesterf sodat ons vry kan wees

Mag jy vandag, Sy Gees ervaar
Dat jy staande sal bly, Hy is dáár
Moenie kyk na die berg voor jou,
Sien die kruis, en moenie daaroor rou

Sy bloed het gestort vir jou en my
Hy het ons van satans-magte bevry
Moenie dat versoekings jou onderkry
Sing lofsange, huppel, spring, wees bly

Jy is 'n Koningskind, geroep by die naam
Hy het jou lief, elke treë stap Hy saam
Jou hand in Syne, Hy sal nooit laat Los
Hy het die prys betaal, jou volkome verlos

Mag Hy jou seën met alles wat mooi is
Liefde,
vrede,
vreugde,
wysheid,
vriende,
Glimlaggies, 
sonskyn, 
Gawes van die Gees,
in Jesus Naam..........

Shalom

No comments: