Dit gaan net oor die eie ek !
Dit gaan net oor myself en ek wat self op mý stoeltjie sit & in beheer wil wees om die 'stuurwiel' te kan draai na mý willekeur..........
Ek het geen, maar geen ruimte vir die ander ene se manier van doen nie.
Dit is net my wil en klaar.
Dit is ‘n baie gevaarlike manier van die lewe leef, want ongelukkig is ek nie altyd reg nie, of my manier van doen is nie altyd die enigste manier nie.
Dit is ‘n baie gevaarlike manier van die lewe leef, want ongelukkig is ek nie altyd reg nie, of my manier van doen is nie altyd die enigste manier nie.
Daar is baie ander en beter maniere van ‘n ding doen as die ene waarin ek glo as die beste en enigste manier.
God ken ons mens so goed – Hy het ons immers gemaak.
God ken ons mens so goed – Hy het ons immers gemaak.
Hy weet dat ons ons eie kop gaan volg en Hy weet ook waarheen ons op pad is met ons eie manier van doen.
Daarom het Hy vir ons ‘n hulpmiddel, 'Hulp-Persoon' kom gee om ons te help om die lewe reg te lewe.
Ons moet egter eers van ons eie stoeltjies klim en toelaat dat die Heilige Gees die 'stuurwiel se beheer' ooneem & ‘n sê het in ons lewens, & dan luister en dan Sy raad volg.
Die Heilige Gees, wat deur God aan ons gegee is, is nie lafhartig nie, maar sterk.
Die Heilige Gees, wat deur God aan ons gegee is, is nie lafhartig nie, maar sterk.
Hy maak ons ook sterk, gee vir ons liefde vir ander en help ons om nie verkeerde dinge te doen nie.
Ons is darem partymaal net “plane stupid”!
Ons is darem partymaal net “plane stupid”!
Hier kry ons ‘n ongelooflike Hulpmiddel, Vriend, Raadgewer, Rigtinggewer, Onderwyser, ens. en ons sê nee, ék dink ék weet die beste.....!
Ek bly maar eers 'in beheer'.
Ons kan so kortsigtig wees!
Ons weet nie lekker hoe om elke situasie te hanteer nie.
Ons weet ons maak foute en stamp ons koppe.
Ja, ons laat selfs lyke op ons pad na, maar ons maak nie ruimte vir die Heilige Gees nie.
Hoe dom ?!
Luister mooi na die vers.........:
Luister mooi na die vers.........:
Die Heilige Gees is deur God aan ons geskenk.
God is die een wat ons gemaak het.
Hy weet waar ons tekorte lê.
Hy weet waar ons verkeerde besluite gaan neem.
God weet dat ons nie by magte is om alles te kan doen nie. Hy weet daar gaan situasies wees wat ons nie sal kan “handel” nie.
Daarom weet Hy ook wat die antwoord of oplossing is.
Die oplossing vir ons probleem is die Heilige Gees.
Hy is sterk genoeg om enige situasie te kan hanteer.
Hy is immers self God.
En tog kies ek om self alles te doen!
En tog kies ek om self alles te doen!
Wie is dan nou eintlik die lafaard?
Hier is eintlik ook ‘n maklike toets om te bepaal wie is in beheer van ‘n persoon se lewe.
Hier is eintlik ook ‘n maklike toets om te bepaal wie is in beheer van ‘n persoon se lewe.
Sê gou “ja” of “nee” op die volgende maklike vrae:
Ek is in alle omstandigehede sterk ?
Ek gee altyd liefde vir ander ?Ek help altyd ander mense ?
Ek gee altyd liefde vir ander ?Ek help altyd ander mense ?
As jy op enige van die vrae nie 100% ja kan sê nie, dan is die Heilige Gees nie altyd in beheer van jou lewe nie.
Dit is ongelukkig waar vir ons almal.
Daarom is dit so belangrik dat ons elke dag onsself weer en weer tot die Heilige Gees verbind, waar ons vir God vra om ons te help om eers weer van ons eie stoel te klim om so plek te maak vir die Heilige Gees om beheer oor te neem.
Dit is nie maklik nie, want dit werk eintlik in teen die grein van wie ek is.
Dit is nie maklik nie, want dit werk eintlik in teen die grein van wie ek is.
Ek wíl altyd in beheer wees.
Ek wíl altyd self oor alles besluit.
Ek wíl doen soos wat ek is, anders voel dit asof ek my identiteit verloor.
Maar dit is tog ‘n resep vir chaos.
Wil jy nie weer die beheer teruggee aan die Heilige Gees nie, want dan sal jy sterk wees in alle omstandighede, dan sal jy voortdurend liefde wil uitdeel aan ander mense en ander tog so kan help........?
Probeer dit!

Hy sal jou ook help om nie die verkeerde dinge te doen nie........
Shalom
No comments:
Post a Comment