.... God sal vir jou die krag gee wat jy nodig het om die swaarkry wat Christenskap mag bring, saam met my te dra.
Kry jy swaar omdat jy ’n Christen is...........?
Gaan jy ’n heelwat ligter lewe leef as iemand jou nou sê jy kan jou Christen lidmaatskap bedank/opse ?
Ervaar jy keer op keer die aanvalle van die duiwel by die werk, in jou besigheid, in jou huwelik, by die skool, omdat ander wéét, -dat jy ’n lewende kind van God is?
Daar is ’n paar wat op dié vrae ja of amper ja kan sê, maar die meeste van ons sal nie eintlik ’n verskil in ons swaarkry ervaar as die titel “kind van God” van ons weggevat word nie.
Êrens is iets nie lekker nie......
Die teks praat hier net van swaarkry as op grond van jou status as kind van God is.

Maar ons kry tog ook op ander tereine swaar.
Ons almal vat maar op een of ander tyd pak.......
Baie stories kan vertel word waar die duiwel probeer om ons spoed te breek.
In die huwelik word ons op die sagte plekkies geslaan om dit uitmekaar te ruk... !
Om ons spoed te breek by die besigheid word daar kort-kort stompe in die pad gegooi... ens.
Maar gelukkig is hier ook ’n groot stuk troos vir al ons swaarkry in: God sal jou krag gee om deur die swaarkry staande te bly.
Maar gelukkig is hier ook ’n groot stuk troos vir al ons swaarkry in: God sal jou krag gee om deur die swaarkry staande te bly.
Die belofte is nie dat Hy die swaarkry sal wegneem nie.
Nee, Hy sal ons eerder help om daardeur te kom.
Besef mooi watter ongelooflike kragtige woorde dit is.
God, die Almagtige, sal jou, kleine mensie, help om deur jou swaar te kom!
Besef jy watter ongelooflike belofte is dit?
Dalk vrees jy vir jou lewe, dalk sien jy net nie meer uitkomkans nie.......
Dalk is hierdie probleem al so lank deel van jou lewe, dat jy eintlik verwág dat dit môre en oormôre nog daar gaan wees.
Nee, God sal jou die krag gee om die swaarkry te “handle”
Ek weet dit voel nie altyd so nie, maar, God sê nou deur sy Woord vir jou:
Jy SAL krag ontvang om deur jou swaarkry te kom!
Dit is NIE ’n belofte dat jou swaarkry nou ewe skielike gaan verdwyn nie.
Dit is NIE ’n belofte dat jou swaarkry nou ewe skielike gaan verdwyn nie.
Dit sê God se Woord nie.
Jy kan egter nou weer moed skep, want behalwe die feit dat God bewus is van elke ding in jou lewe, weet ook dat God jou die krag sal voorsien om deur die dag te lewe om weer vanaand jou kop neer te lê en vas te slaap.
Stap vandag jou lewe tegemoet met ’n huppel in jou stap, al is daar ’n stuk swaar bagasie wat jy agter jou saamsleep.
Stap vandag jou lewe tegemoet met ’n huppel in jou stap, al is daar ’n stuk swaar bagasie wat jy agter jou saamsleep.
God is saam met jou in die stryd.
Hy is dié Een wat die krag voorsien om dit te maak.
Praat voortdurend met Hom.
Vertel Hom van jou probleme.
Vertel Hom van jou probleme.
Vra Hom ’n bietjie raad om in elke situasie reg op te tree.
Vra Hom wat jy moet doen om ontslae te raak van die bagasie wat jy saamsleep.
Leer om vanuit die Here se Genade te leef, maar ook om sodanige Genade teenoor ander 'in Praktyk' uit te Leef.
Hierdie is eintlik soos ’n kragprop teen die muur waarby ons moet inprop.
Leer om vanuit die Here se Genade te leef, maar ook om sodanige Genade teenoor ander 'in Praktyk' uit te Leef.
Hierdie is eintlik soos ’n kragprop teen die muur waarby ons moet inprop.
Om ons batterye te laai, moet ons eers vir ’n ruk lank ons proppe daar teen die muur gaan indruk.
As ons dit nie doen nie, sal ons batterye dit nie deur die dag maak nie.
Maar gelukkig hoef jy nie net daar by jou huis ingeprop te bly nie, want God is ook mobiel en sal daar waar jy elke oomblik van die dag krag nodig het, vir jou krag gee om deur jou swaar te loop!
Shalom
No comments:
Post a Comment