Sien... 1Tim 6
Rykdom of die Evangelie?
Die meeste van ons Christene sal sê dat ons die Evangelie najaag..... ! ... ?
En dit is reg so......dog, as jy baie mooi gaan kyk, sal jy sien dat die soeke na geld in ons almal se lewens ‘n groot rol speel.
Nee, ek wil nie ryk wees nie, ek wil nét genoeg hê...... (word lukraak gese).
Ek wil nie rol in die geld nie, ek wil net geld hê om te koop wat 'broodnodig' is, is dalk 'n meer korrekte manier van se, wat ons sou bedoel, want 'ryk wees' is só relatief inaggenome ons lewensomstandighede.....
Maar hoeveel 'kos' dit werklik vir my/jou?
Maar hoeveel 'kos' dit werklik vir my/jou?
Miskien moet ons nie antwoorde gee in terme van rand en sent nie, maar eerder in terme van tyd.
Om so ’n leefstyl te verdien, hoeveel 'tyd' moet ek spandeer om dit te vermag?
Hoeveel van myself en my huwelik is ek bereid om te gee?
Waar gaan ek die lyn trek tussen die vereistes van die besigheid of werk en die verwagtinge van die eggenoot & kinders aan 'kwaliteit & kwantiteit'-tyd?
So maklik word ons stukkie vir stukkie ingekatrol in ’n lewensstyl wat meer vat as wat ons eintlik bereid was om te gee.
So maklik word ons stukkie vir stukkie ingekatrol in ’n lewensstyl wat meer vat as wat ons eintlik bereid was om te gee.
En die wêreld daar buite (óf nog erger ons lewensmaat), help ons nie eintlik nie, inteendeel hulle dryf ons vinnig nader aan die afgrond.
Hulle help ons om ons geld te spandeer nog voordat ons dit eers gekry het.
Hulle vra nie of ons dit kan bekostig nie.
Hulle vra nie hoeveel geld daar in die bank is nie.
Hulle vra nie hoeveel tyd gaan jy weg van jou gesin moet wees om die rekening te betaal nie. Hulle vra nog minder wat dit van jou as mens gaan vat om al die rekeninge aan die einde van die maand te betaal nie.
Nee, hulle gee soveel as moontlik vir jou op krediet en saam daarmee ’n groot swaar las om saam te sleep.
Binne ’n oogwink raak die las baie maklik te swaar en glip een van die 'bagasie' se toue om jou nek.
Baie 'lang stories' is te vertel, deur menigeen van hoe 'najaag na geld' 'n mens van sy hele wese gestroop het.
Daarom die groot pasop van Paulus .....
Binne ’n oogwink raak die las baie maklik te swaar en glip een van die 'bagasie' se toue om jou nek.
Baie 'lang stories' is te vertel, deur menigeen van hoe 'najaag na geld' 'n mens van sy hele wese gestroop het.
Daarom die groot pasop van Paulus .....
"....Mense vir wie dit baie belangrik geword het om ryk te wees, kom gou in die moeilikheid. Hulle gierigheid maak dat hulle in die hande van Satan instap omdat hulle gedurig op allerhande maniere uitgelok word om verkeerde dinge te doen.
Sjoe, dit is nogal erg.....
Miskien moet ons ophou om ander en ander se goed die heeltyd te wil hê.
Vergenoegd.
Nee, wees dankbaar vir wat jy het en geniet dit.
Daarom die stukkie goeie raad:
".....As ons genoeg het om te eet en darem klere het om aan te trek, moet ons meer as tevrede wees......."
No comments:
Post a Comment