1 Timoteus 3 is eintlik net vir ‘n seker groep mense in die kerk geskrywe : nl. Leiers.
Hier word ‘n klomp 'reëls' vir hulle neergelê van moets en moenies, dog eintlik vir almal geld. Daarom maak dit nie saak of jy ‘n leier is of nie, hierdie gedeelte geld wel vir my & jou ook....
- Jou lewe moet so skoon en oop (deursigtig/"transparent") wees dat niemand jou naam kan beswadder nie.
- Daar moet NIE plek wees vir ‘n ander man/vrou in jou lewe nie.
- Jy moet nie uitspattig lewe nie.
- Jy moet met trots omgee in wat jy doen ("pride in your work")
- Jy moet ordentlik lewe.
- Met ‘n hart wat brand vir ander mense, moet jy ‘n verskil maak.
- Jy moet ander van God vertel.
- Wanneer jy alkohol gebruik moet dit met wysheid gepaard gaan.
- Jy moet jou humeur beteuel en nie skoor soek nie.
- Jy moet verseker vriendelik wees.
- Geld moet jou nie aan jou neus lei nie.
- Jy moet tyd saam met jou kinders spandeer, waar jy hulle kan leer en hulle ander kan respekteer.
- Moenie te veel van jouself dink nie. Dan doen jy net soos die duiwel.
- Jou lewe moet so onberispelik wees dat niemand iets daarteen kan wys of selfs ‘n storie kan opmaak nie.
Vir véél is dit egter so maklik om allereers ander te oordeel "judge"alvorens hul by hulselwers in eerlike introspeksie uitkom, (indien ooit..!)
Hoe hanteer ‘n mens negatiewe selfevaluering?
Ek kan natuurlik nou in depressie verval nog voor ek begin en handdoek ingooi.
Ek is te sleg.
Ek is te swak.
Ek sal dit nooit kan maak nie.
Wanneer ‘n mens dié rigting inslaan is die kans baie goed dat jy dit nooit sal maak nie.
Ek sleep eenvoudig net te veel bagasie saam.
Ek dink ook nie dit is hoe God sal wil hê ek moet dit doen nie.
Ek kan egter met die hulp van die Heilige Gees en wysheid na die lysie gaan en dan vra: Watter van die punte staan vir my uit?
Ek kan egter met die hulp van die Heilige Gees en wysheid na die lysie gaan en dan vra: Watter van die punte staan vir my uit?
Watter een of twee of drie van die rigtinggewers 'praat met my' as ek daaroor besin?
Dan moet ek weet dat dit dalk iets is wat God wil hê ek moet aandag aan gee.
Daardie paar sinne wat elke keer vir jou pla as jy dit in die Bybel raak lees.
Dit is dan nou die tyd om ‘n aksieplan bymekaar te maak om aandag hieraan te gee.
God wys dit vir jou uit en wil jou daarmee help.
Miskien is dit nou die tyd om daaraan te begin werk, sodat ons meer punte uit 'n moontlike 10 uit kan kry, nie ter wille van ons nie, maar uit dankbaarheid teenoor God!
Shalom
No comments:
Post a Comment