Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Saturday, August 27, 2011

Eensgesindheid......... so maklik, dog so 'moeilik' as Christene.. ?

Ek het die laaste tyd ook net weer raak gelees en besef hoe baie Jesus self klem gelê het op eensgesindheid en eenheid van hart in SY liggaam.
  
Rom. 12:5
...so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.    
Die Woord se 'mekaar-opdragte'
... julle moet mekaar lief hê.... mekaar dien... vir mekaar bid... mekaar se laste dra... bely jul sondes teenoor mekaar... mekaar vergewe... mekaar nie meer oordeel nie... neem mekaar aan... mekaar vermaan & leer... mekaar in liefde verdra... 

aan mekaar onderdanig wees... verdra mekaar (dis mos die VRUG v.d. Gees?)......  ens.    

Dis duidelik dat dit vir JESUS belangrik is dat SY kerk as EEN voor Hom moet leef en wandel.  
Hoekom kry ons dit nie reg om ten volle gehoorsaam te wees aan SY Woord en te DOEN wat dit sê nie?
Onthou - Joh. 12:48 ... Wie My verwerp en My Woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die Woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.
Gedagtig aan die Flentermense rondom ons, -myselwers ingesluit............, het ek gewonder hoekom die aspek van eensgesindheid só 'moeilik' is.....? 

Van toentertyd af is 'woorde'' soos dwarstrekker edm ons Boerenasie toegedig......
Veral deesdae blyk dit so 'natuurlik' te wees om in 'n gebroke verhouding te staan, veral met die wat só na aan ons is.......
Waar het ding e dan skeefgeloop & hoe kan ons dit regstel............ indien ooit ?



Jesus se gebed in Joh 17 is so 'n wonderlike openbaring van wat SY HART vir ons, SY kerk & liggaam is............


Joh 17:11  En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.
 Joh 17:20  Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo—     
21)  dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.    
22)  En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.    
23)  Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.

Die VRAAG is
: 'Waar is my hart? Is dit EEN met Jesus sin?'

Indien nie, -dan is dit dié rede hoekom my / jou menslike verhoudings vertroebel & versuur.........
..........so eenvoudig sóós dit.
As mense níe 'Jesus in jou, -kan ervaar (wat jy se, doen, dink edm) nie, is jy nie-OK.......... & moet jy nader terugbeweeg na die  'Bron' van ALLES........ !







Shalom

No comments: