Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Saturday, March 19, 2016

Hoop...via Roekelose Geloof ! / Hope by means of Reckless Faith !


Moenie moed opgee nie....

Die laaste ding wat ons in 'n krisis oorboord gooi, is hoop. 
Wanneer ons dit oorboord gegooi het, is dit die einde....!

Stoei jy met iets wat jou aanhoudend heen en weer gooi? 
Het jy op die punt gekom wat jy dinge oorboord gegooi het, en is jy nou op die punt om moed op te gee? 

Onthou, die matrose het uiteindelik al hulle hoop laat vaar omdat hulle vergeet het dat God in beheer is. 
Hulle het vergeet dat Hy 'n 'Onfeilbare Plan' het.... 
En hulle het vergeet dat Hy hoop in die mees hopelose situasie kan gee !

Wanneer die Bybel oor hoop praat, praat dit nie oor toeval, noodlot of ongeluk nie. 
Nee, dit praat oor gefokusde 'roekelose' Geloof! 
'Getroues, julle moet die Here liefhê! Hy beskerm almal wat getrou is...' (Psalm 32:24)'

Maar die Here waak oor dié wat Hom dien, oor hulle wat hoop op sy troue liefde om hulle te red van die dood en hulle in hongersnood aan die lewe te hou. 
Ons vertrou op die Here om ons te red. 
Hy is ons hulp en beskermer soos 'n skild. 
In Hom is ons harte verheug, want ons vertrou op Sy Heilige Naam' (Psalm 33:18-21 ). 

'Hoekom is ek nou so mismoedig? 
Hoekom so hewig ontsteld? 
Nee, ek plaas my hoop op God! 
Ek sal Hom weer prys. 
Hy is my redder en my God!' (Psalm 42:12 ). '

Ons moet leer uit wat al lank gelede reeds in die Skrif opgeteken is. 
Die standvastigheid en die bemoediging wat die Skrif aan ons gee, help ons om aan ons toekomsverwagtinge te bly vashou (Romeine 15:4 ). 

"Bottom-line" is: Moenie opgee nie, en plaas jou hoop SLEGS in God !

Shalom... & Maranatha

No comments: