Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Thursday, December 06, 2012

Gebed / Prayer... bouncing off the ceiling..?



Ek het al baie keer mense hoor sê: 
..........“Dit voel vir my ek bid teen die dak vas. 
........My gebede trek nie ver nie. 
.....My gebed kom nie by God uit nie.”
Ek het self al baie male so gevoel. En dit is 'ongemaklik', want die plek waar jy juis hulp moet kry, voel skielik onbereikbaar. 
’n Mens voel magteloos.

Jesus kom help ons hiermee: 
”As jy bid, gaan dan na ’n stil plek toe waar niemand jou kan sien nie. 
Trek die deur agter jou toe en praat daar eenkant opreg met jou hemelse Vader. 
Hy sal sorg dat jy jou hemelse beloning kry. ”
Moet ook nie dieselfde rympie oor en oor sê wanneer jy bid nie. Party mense wat God nie reg ken nie, bid so. 
Hulle dink dat hulle Hom met ’n stortvloed woorde kan ompraat om na hulle te luister.” 

Gebed is ’n intieme, opregte gesprek met God. 
Intiem beteken net jy en Hy.
Dit is nie iets wat kan gebeur tussen ’n groot klomp mense nie. 
(Ja, daar is plek vir gebede waar die gemeenskap van gelowiges bymekaar kom of voor daar geëet word, maar dit het ’n ander doel....) 
Die gebed wat ons in afsondering met God het, skep die ruimte waar ons dinge vir mekaar kan sê wat niemand anders van weet nie en ons weet dit bly net tussen ons twee. 
Dit is in afsondering sodat niks my aandag kan aftrek nie.
Ja, selfs nie die eie ek wat dinge in die openbaar ter wille van eie eer wil doen nie. 
Ja, selfs vir hom moet jy eers opsy stoot. 
God is mos ’n jaloerse God en soek tyd met net jou alleen
Slegs wanneer ons tyd en ruimte maak waar dit stil is, nie blootgestel aan onderbrekings nie, kan die intieme gesprek gebeur......

Ja, dit is ’n gesprek.
’n Gesprek waar die een nie die heeltyd praat nie. 
En dit doen ons tog so goed..............?
Ons sit met ons lysie, amper soos ’n inkopielys en saai die een versoek na die ander uit. 
Here, gee my dit en daai. Here, gaan asb. met die en daai. Here, hoe lyk dit met ... 
Ek doen dit baie, maar ek dink nie dit is God se idee van ’n intieme, opregte gesprek nie. 
Dis dalk hier waar ons gebede wel nie veel verder as die dak trek nie. 
Ons moet God ook ruimte gee om Sy praatwerk te doen. 
God praat op verskillende maniere. 
Hy praat baie duidelik deur sy Woord. 
Let wel, sy Woord. 
Die Bybel is God se Woorde. ......
Dit is Sy praat. 
Dit is sy reaksie op jou woorde. 
Daarom is dit vir seker goed om so tussen jou gepratery jou oë oop te maak en God se woorde te lees. 
Hier openbaar God Homself aan ons. 
Maar God is ook sigbaar in Sy skepping (Natuur)
Die kenners praat van God se algemene openbaring. 
Hier “hoor” en “sien” ek God aan die praat. 
Hier leer ek God ken. 
My gesprek met ’n vreemdeling is platonies en het feitlik geen krag nie. 
Ek sukkel om te praat, want ek weet nie presies wat die ander hoor of nie hoor nie. 
As ek dus wil hê dat my gebede verder as die dak moet trek, moet ek God regtig ken
Dan sal ek weet hoe ek moet bid. 
Dan sal ek weet wat klink goed op God se oor. 
Dan sal ek na my intieme, opregte ontmoeting met God kan opstaan en weet iets het gebeur.

Maar dit is asof Jesus weet dat ek en jy so nou en dan gaan voel of ons gebede nie verder as die plafon trek nie. 
Daarom die groot gerusstelling van God:  
... Onthou: jou Vader in die hemel weet presies wat jy nodig het. 
Nog voordat jy bid, weet Hy al lankal wat in jou kop aangaan. 
God weet presies wat ons wil sê nog voordat dit in ons mond gevorm is. 
Hy ken al ons behoeftes en weet wat ons nodig het. 
Hierdie gerusstelling haal die gebed-teen-die-plafon-vas sindroom heeltemal uit spel. 
So iets kan nooit bestaan nie, want God weet dit nog voordat dit in die gebed geopper is. 
Is dit nie 'great' om dit te weet nie? 
Ons kan nou maar die gevoel van gebede wat nie vêr trek nie, opsy stoot. 
Dit bestaan nie, want ons glo in ’n Almagtige God wat hoor nog voor ons praat.....! 

Wat 'n groot kommunikasie geskenk wat God aan my/jou gegee het....?
Maak in jou dagboek elke dag met God ’n afspraak. 
Kry ’n ruimte waar jy nie gepla sal word nie. 
Gee ook vir God ’n kans om sy sê te sê......... -dan sal jy hoor en sien en weet dat daar nie ’n plafon in ons gesprek met God in spel kom nie...!

Shalom & ...Maranatha !

No comments: