Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, May 09, 2012

Om in "Shalom"....daagliks te mag Leef...... ?

Humble yourselves before the Lord, ........ &  He WILL lift you up..... !
Die Bybel..........
Jakobus 3.....
13Wie van julle het die lewenswysheid om te verstaan hoe ‘n mens die spel van die lewe sinvol en reg moet speel? .........vra Jakobus . 

Is daar enige iemand wat ‘n antwoord wil waag? 
Ja, vir seker sal daar vele verskillend & uiteenlopende antwoorde wees. 

Een sal dalk sê dis om genoeg geld te verdien of om dalk êrens in die wêreld bo uit te kom. Sommige sal weer sê om jou kinders op die regte pad te plaas, ander weer om baie te doen vir jou medemens. 
Jakobus gee ‘n meer generiese antwoord wat vir almal in die lewe geld: 

Laat hy dit wys deur die 'manier' waarop hy hom gedra
Nederig en op sy plek moet hy dit doen wat God wil hê ‘n mens moet doen om sinvol te leef.

Sukkel jy ook mettie vrae: Wat maak ek nou eintlik op die aarde?
 Dit voel so sinloos wanneer 'n mens alles verloor het, -veral jou geliefdes vir wie jy lankal nie meer goed genoeg is nie..... 
Ek weet nie eens meer lekker die verskil tussen reg en verkeerd, as jy letterlik 'niks' meer reg kan doen in die oe van jou voormalige verharde & verbitterde 'narcissities-neigende' wederhelf nie.....
Wat maak ek dan nog hier? 
Ek's van min tot geen  betekenis vir enige van my gewese geliefdes of sg. stoere stilswyend-christen aangetroude familie ........ 

Hier is die ' korrekte' antwoord, (wat ek wel weet, ten spyte van my eie seerkry van voormalige familie wat net aanhou & aanhou & aanhou met  afbrekende slegse ): 

Jy moet eerste doen wat die Here wil hê jy moet doen en jy moet dit op so ‘n manier doen dat dit straal van nederigheid. 

En albei die dinge is nie maklik nie, want ek weet in die eerste plek nie altyd presies wat die Here wil hê ek moet doen nie en as ek eendag tog iets regkry, is dit darem te lekker as die hele wêreld daarvan weet en so vlieg die nederigheid by die venster uit..... 
Dan gebeur dit baie kere dat mense jaloers word op die ander wat iets regkry en dié mense dink weer hulle het die regte lewenstyl beet!

 14As die een onder julle egter vir die ander een niks gun nie en altyd beter wil wees as die ander een, moet julle nie maak of julle weet wat ‘n sinvoller lewe is nie. 
Julle jaloesie onder mekaar wys dan dat julle lieg
15”Lewenswysheid” wat die taal van jaloesie en selfsug praat en mense gedurig wil hap of seermaak, kom nie van God af nie.

Hierdie is nie die maatstawwe van die Here nie! 
Die maatstaf van die Here is, ja, om te doen wat God vra op so ‘n manier dat ons nederig bly EN om ruimte te hê vir die mense om my om ook sukses te hê
Ek dink nou aan daardie spreekwoord............
 As jy nie iets moois van iemand anders kan sê nie, bly liewer stil. 
Hoekom is dit so maklik om te skinder van iemand anders? 
Hoekom is dit so maklik om iets lelik van ander te sê? 
Hoekom kan ons nie maklik vir ander komplimenteer as hulle beter as ons doen nie? 
Hierdie is nie God se pad nie. 
Wanneer ons dit wel regkry om vir ander ruimte te gee om hulle Godgegewe roeping uit te leef en hulle daarvoor kan komplimenteer, begin ons ook op God se pad te stap. 


The greatness of a man is not in how much wealth he acquires, but in is integrity and his ability to affect those around him positively.............


Dan, ..........
17as ‘n mens leef soos God dit in sy wysheid bedoel het, sal jou lewe heeltemal anders lyk. Dit sal ‘n lewe wees waarop die sonde geen houvas het nie. 
18 So ‘n persoon sal in vrede met ander mense saamleef;
hy trap nie op ander nie, maar neem hulle gevoelens in ag; so ‘n persoon is ook nie dwarstrekkerig nie en nie moeilik om mee saam te werk nie;
hy vergewe ander maklik en doen graag dinge vir ander sonder om iets terug te verwag;
wat hy doen sal altyd net goed vir ander wees. 
Hy sal nie op ‘n onregverdige manier kant kies nie.
 Jy sal altyd weet waar jy met hom staan.

By party van hulle neig ek meer na die 'mens se manier' van doen as ' God se Manier' van doen. 
Toe ek nou die woord “doen” tik, tik ek te vinnig en ek tik “dien”......... 
En eintlik is dit God se manier: ons moet dien.... 
Ons moet vir ander mense die beste wil hê en hulle dien, sodat hulle die beste pad het om op te loop. 
Daarom moet ons altyd hard werk 18… om in vrede met mekaar te leef. 
Sorg dat waar jy gaan, vrede jou soos ‘n skaduwee sal volg. 

Om in vrede met mekaar te leef is reg en mooi voor God.
........en dit doof die diepe hartseer pyn van naywerigheid & openlike haat teenoor jou as mens,........permanent uit.

Kom, laat ons elk ons krag vandag daaruit put,  (met die Hulp van die Heilige Gees) om juis so te kan leef........onder Sy "Shalom", wat soos 'n beskermende wolk oor ons SAL wees.........

Shalom & Maranatha

1 comment:

Maretha said...

Ai dierbare mens! My hart gaan so uit na jou!
Jy is 'n Kind van Hom so na Sy Hart! Jy is geliefd