Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Thursday, December 01, 2011

Klippies .........as Lewensjare.............



Daar's sewe klippies in jou sak 
Deur die Here vir jou ingepak 
Sodat jy ene weg kan gooi 
Vir elke tiende jaar voltooi. 

Eerste klippie, geen probleem 
Die spel sal donkiejare neem, 
Dink ons in ydel kinderwaan 
Die lewe gaan vir ewig aan. 

Op twintig waai die tweede klip, 
Yl van moestas en rooi van lip, 
Windmakerder kan jy nie kry, 
Wat ek wil, skuld die węreld my. 

Klippie drie die laat jou dink, 
Vir dertig jaar het jy rinkink, 
Vier sewendes is daar nou oor, 
Om op te maak vir tyd verloor. 

As uit jou hand die vierde val, 
Dan vlek die grys jou slape al, 
En dit wat in die sak oorbly, 
Te min om als gedoen te kry. 

Dan kom jy by halwe honderd, 
Nou galop die tyd bedonnerd, 
En na die bult-op lewenspad, 
Beginne jy die afdraand vat. 

Voorlaaste klippie nommer ses 
Glip uit die sak voor jy sę mes 
Die wat gewerk het vir 'n baas 
Kry sy persent en groet vir laas. 

O wee, o wee, nou klippie sewe, 
Skriftuurlik het jy klaar gelewe, 
Daar kom nou veel genade kort 
Vir die wat dalk wil tagtig word. 

Daar is natuurlik taai kalante, 
Jy sien hul soms in die koerante, 
Wat net nie wil die emmer skop 
En eers na honderd om sal dop. 

Of jy nou tot vervelens lewe, 
Of tata sę hier rondom sewe, 
By watter klip jy ookal stop, 
Gaan sal ons, die tyd raak op. 
Ons wens jou dus 'n sakvol klip, 
Genoeg vir daardie honderd trip 
En vreugde in jou kook en bak, 
Tot jou knieë daar op oudag knak. 

Nou ja, ou maat, daar het jy dit, 
Al wat ons nou kan doen is bid 
Vir gesondheid, liefde en geluk, 
Met voorspoed vir die oorblystuk!


Shalom

No comments: