Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Sunday, November 27, 2011

Wisdom / Wysheid..........

Jesus het tydens Sy aardse bediening 'die Gees wat wysheid bring' nodig gehad wanneer Hy besluite moes neem en wanneer Hy die vyand moes aanpak.....


Hoeveel te meer het ons nie 'wysheid' nodig te midde van die daaglikse aanslae van die duiwel & 'n magter-menigte van besluite wat 'uurliks' geneem moet word nie...!
Daardie selfde 'Gees wat wysheid bring',  -woon in ons omdat ons gelowiges is! 

Die Bybel sê daar is verskillende soorte 'wysheid' (Jakobus 3:15): 

Aardse wysheid is nie betroubaar nie, want, 
'Dit kan lyk of 'n mens reg lewe. 
Agterna gesien is dit die pad van die dood' (Spreuke 16:25). 

Emosionele wysheid kan na verwardheid, krenking, en jaloesie lei. 

Demoniese wysheid, wat selfsugtig, wellustig en onderduims is. 

Goddelike wysheid, wat '...van Bo kom, is... suiwer... [dis] vredeliewend, inskiklik, bedagsaam. 
Dit is bereid om deernis te bewys, en het goeie gevolge. 
Dit diskrimineer nooit en is altyd opreg.' (Jakobus 3:17). 
Die Bybel sê, 'Vra vir God... Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee...' (Jakobus 1:5). 

Vra jouself die volgende vrae af wanneer jy bid
a) Is my beweegredes suiwer, of sal ek my later daaroor skaam? 
b) Sal my besluit uitloop op genade en medelye, v.s. onmin en stres? 
c) Het ek almal wat deur die resultaat beïnvloed sal word, in aanmerking geneem? 
d) Sal ek my aan God se Wil onderwerp, v.s. gaan ek goedsmoeds deurdruk? 
e) Sal die uiteinde my gesindheid verhard, v.s. sal dit 'n teelaarde vir liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid en selfbeheersing skep? (Galasiërs 5:22-23 )
f) Is dit regverdig en onbevooroordeeld, v.s. wil ek heimlik 'n sekere persoon of groep bevoordeel? 
g) Kan ek hierdie pad met vertroue loop, v.s. is selfsug en misleiding daarby betrokke?

Shalom

No comments: