Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Sunday, November 20, 2011

Verwesenliking van 'n 'Droom'........ Potensiaal-verwesenliking ?

Jesus sê, '...vra en God sal vir julle gee...' (Matteus 7:7)

Onthou egter dat wat jy vra in ooreenstemming moet wees met God se wil (1 Joh. 5:14)
Dis onnosel om 'n kontrak te teken as jy nie die fyn druk gelees het nie. 
Net so, moet jy realiteit in gedag te hou wanneer jy jou droom najaag, anders gaan jy knarsend to stilstand ruk........ ! 

Wanneer jou droom van God af kom, gee Hy alles aan jou wat nodig om die droom te verwesenlik....! 

Hoe meer onrealisties jou droom is, hoe groter is die kans dat jy op dit wat nie nie kan beheer nie, sal vertrou. 
Jy moet die waagmoed van jou droom met die realiteit van jou omstandighede temper. 
Ja, jy sal ver bo dit waartoe jy dink jy in staat is, moet uitstyg, maar jy moet terselfdertyd jou optrede op jou sterkpunte en ander beheerbare faktore grondves. 
Hoe meer jy bekommerd taak oor die faktore buite jou beheer, hoe minder sal jy doen aan die wat jy wel kan beheer. 
Dis wanneer jy in 'n droomwêreld begin lewe! 
God se droom vir jou sal ooreenstem met jou sterkpunte. 

Catherine B. Hales het opgemerk: 'In ons twintigs ontdek ons al die honderde dinge wat ons kan wees. Soos ons volwasse word, ontdek ons in ons dertigs al die dinge wat ons nooit sal wees nie. Ons uitdaging is om in ons veertigs en selfs later hierdie teenpole by mekaar te bring - ons sterkpunte te ken, maar ook ons beperkings - en op die manier ons volle potensiaal te bereik.......'

Shalom

No comments: