Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, November 16, 2011

Liefde........ Myne & God s'n.....

Dis 16 November........  'n Maand weg van 16 Desember.
173 Jaar gelede was dit 'n Bloedige dag, te Bloedrivier.
Vandag, 'n vae herinnering vir menigte oor 'n gebeurtenis wat 'toetentaal' uit verband geruk & misken word....


Ons liefde is 'gewoonlik' voorwaardelik. 
Voorkoms, persoonlikheid en selfsugtige begeertes (van hulle 'voordeel' vir ons), -vorm dikwels die 'enigste' fondasie wanneer ons mense so naby aan ons toelaat dat ons uiteindelik sê ons het hulle lief. 
Liefde vir diegene is dikwels beperk tot ’n tref-en-trap benadering: ons stop fisiese goed in hulle hand, maar raak nie hulle menswees aan nie.
Ons is te 'onseker' oor wie ons rerig is (in Christus), -dat ons derhalwe té bang is om veel van onselwers te gee, -ingeval ons dit wat ons 'gee' gaan verloor.........

By God is dit nie so nie – 
Hy het lief, ongeag jou stand, of voorkoms.
“Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Joh 3:16)


Liefde in die Nuwe Testament is nie hoofsaaklik ’n emosionele saak nie, maar ’n aksie saak – jy doen iets vir ander! 
Dit is waarom God nie kon toesien dat sondige mense verlore gaan nie en Hy sy Seun gee – sy enigste Seun. 
Hy stuur Hom om ons van God te vertel en om aan die kruis vir ons sondes te sterf sodat die mag van sonde oor ons gebreek kon word en ons nooit weer van die teenwoordigheid van God afgesny kan word nie. 
Jou bydrae tot Sy liefde? 
Niks! 
Net geloof in Hom. 
En die wonder daarvan:
 Hy het dit gedoen toe ons nog sondaars was! (Rom 5:8)
’n Menslik onmoontlike liefde!


Ek en jy vind dit moeilik om alle mense lief te hê. 
Maar die ander kant is ook waar: ander mense vind dit weer moeilik om ons lief te hê. Miskien is dit omdat ons altyd so voorwaardelik liefhet. 
En dit maak ons dikwels baie eensame mense. 


Dit is veral in hierdie tyd van die jaar dat ons pynlik bewus raak van hierdie emosie. 


Ook ek,  'vrees' hierdie tyd van 'akute eensaamheid' & GEEN familie-intimiteit......  
Ek voel ek wil weghardloop....van hartseer-verlange 'pyn' na dit wat was in kinders & vrou; hul wat my stééds aanhou-haat,  -sonder verposing of skietgee.... 


Dog, ken ek die 'korrekte', -(Enigste) oplossing, in teorie......
My Skepper het my onvoorwaardelik lief en is by en in my (soos ook by jou)  in hierdie 'fees'-tyd. 
Ek.......Jy, is dus nooit alleen nie.... 
Dalk as 'enkelmens'-eensaam wees, maar daaraan kan 'n mens,  -'iets' doen.


Romeine 5:5 leer “die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.” 


As ek/jy gelowig “Ja!” gesê het vir God se werk deur Jesus, het bogenoemde Skrifgedeelte ’n 'realiteit' in ons lewe geword. 
Jy kán mense liefhê. 
Jy moet net oorgaan tot aksie. 
Gaan doen iets vir 'diegene' wat jou so irriteer........  


Maar sit die Vader se hart van liefde in jou aksie!


Verlig ander se eensaamheid, deur te dóén, maar raak hul veral aan in hulle menswees en menswaardigheid met Jesus se Liefde, rééds binne jouselwers........ 


Gee van jouself, met 'n 'onvoorwaardelikheid' wat net Goddellik-moontlik is..... & die Liefde & Vrede van God wat ALLE verstand te bowe gaan, SAL soos 'n 'boemerang' terugkeer na die een wat 'gee sonder manipulasie & voorwaarde'.....


Shalom

No comments: